Die voorberei van jou “tackle”

Die voorberei van jou “tackle”

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die goeie nuus is dat enkele snoek tussen die ander visse aangetref is, en hopelik verbeter vangste maar die see het teen Maandag maar onstuimig gelyk. Kom ons kyk wat gebeur.

Vir baie mense wat nie hengel nie sal dit seker moeilik wees om te verstaan waarom die voorberei van jou gereedskap so ‘n aangename taak is  --  jy sien nou wel nie uit daarna nie, maar laat ek verduidelik!

Wanneer jy na ‘n dag se vangs op see tuis kom en die boot is gewas en gebêre en al die ander goed is op hulle plek en jy kan eindelik tot ruste kom het jy werklik nie die tyd of die lus om gereedskap voor te berei nie. Gewoonlik verloop ‘n dag of wat voordat jy weer die see kan aandurf en dis in hierdie tydgleuf dat die storie verander. ‘n Hengelaar is altyd bereid om aan te pas en te eksperimenteer.

Somtyds is daar (vir jou) ‘n vreemdeling aan boord wat sy eie idees het en skielik is hy die ou wat die vis vang. Dit gee jou die geleentheid om met die oog te steel en van sy vaardigheid gebruik te maak. Dit kan beteken dat jou “tackle” anders voorberei moet word. Dit kan ook wees dat met jou volgende see toe gaan jy vir ander vis gaan probeer. Jou eerste prioriteit is om van kraaineste ontslae te raak  -- nie van die aangenaamste takies nie! Dan begin die eintlike storie. Jy moet nou hierdie tipe hoeke probeer en afskaal na ‘n dunner lyn. Bowendien moet jou lyne nou anders opgemaak word. Groter of kleiner sinkers, of dalk glysinkers. Nou begin jou brein oortyd werk en jou verbeelding vat oor. Jy voorsien reeds hoe jy met die anderste gereedskap die vis gaan baasraak.  Jy sorg ook vir drie hottielyne (dis nou om tyd te spaar in geval jy van jou lyn verloor). Dan moet jy ook sorg vir die groter vis. Ons praat van groot gedrogte soos geelbekke van 10 kg., geelstert, snoek en massiewe PW’s, rekordgrootte romanne. Nog nie eens oulywe gemeld nie. Dalk is daar nog ‘n gelopene êrens. Onthou jy berei nou voor om gereed te wees vir al hierdie verskillende vissoorte (die goed gaan massief wees  --  wel, so verbeel jy jou) en hierdie nuwe visstok gaan sy ding doen.

Dan sorg jy dat jou vismesse vlymskerp is. Nou word alles reggesit, gereed vir die uitgaan, en jy kan nie wag nie. Lekker!

Groete,
Seemeeu

Die voorberei van jou “tackle”

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Are Not Your Past

You Are Not Your Past

There is no shame in the pain you carry from your past.

Life Reflects You

Life Reflects You

Not to define you…

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

This morning, our reserve manager received an exciting camera trap alert of a leopard sighting. 

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
Sport Changing Lives in Gansbaai

Sport Changing Lives in Gansbaai

For some, Grootbos Foundation is best known for our work in conservation and in fynbos, but for a larger part of the community...

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
See All Articles