“Baie geluk aan die sestien hengelaars wat vis ingeweeg het, dit het sommer goed gegaan en daar was vyf en sewentig inskrywings,” sê Philip Fourie van Pearly Beach Hengelklub.
André Roux wen die kompetisie met sy nege visse. Johann Botha eindig tweede en weeg ook die swaarste sak in. Heinrich Fourie eindig derde en weeg die swaartse vis vir die dag in.
Daarna volg Mario van der Westhuizen (4de), Rigardt Potgieter (5de), Francois Munnik (6de), Willem Snyman (7de), Johan de Kock (8ste), Jayson Hitge (9de) en Dehan Veldsman (10de).
Philip bedank graag alle deelnemers, ondersteuners, borge, Carla en personeel, Karin's Kitchen en die komitee. “Sien almal weer die naweek van 16 Julie, wanneer ons gesellig na afloop van die inweegsessie by die klub se ‘Winter-dinner’ gaan saamkuier,” sê Philip.
Vir navrae kan Philip Fourie by 076-069-6815 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hom by fouriephilip2@gmail.com.