Hospice ryker met spanwerk

Hospice ryker met spanwerk

Gansbaai Courant

“By Overstrand Hospice plaas ons groot klem op spanwerk. Sonder gewillige samewerking tussen al die personeellede en vrywilligers sou ons lewens armer wees en ons vermoë om ‘n positiewe en betekenisvolle bydrae tot die lewens van ons pasiënte te maak, sou verskraal,” lui ‘n uittreksel uit Overstrand Hospice se Nuusbrief van Maart 2016.

‘n Belangrike faset van spanwerk vir Overstrand Hospice, is die gereelde opleiding van vrywilligers, waarvan hier alreeds heelparty in Gansbaai is. Onlangs is nog ‘n groep vrywilligers tydens ‘n ses-daagse kursus in Gansbaai opgelei.

Die kursusaanbieders was Fran Tong (ook fasiliteerder en Algemene Bestuurder),  Fransil Kotze, Saskia Schiel en Annetjie Squires. Fransil Kotze van Gansbaai het as maatskaplike werker by Overstrand Hospice aangesluit, maar is ook die koördineerder van Hospice se vrywilligers, met Shelagh Milton as vrywillige koördineerder van Overstrand Hospice.

Fran het met ingang van Januarie vanjaar as die nuwe Algemene Bestuurder by die Hospicespan aangesluit en het gesê sy wil haar kennis en ervaring met oorgawe deel met dié span. Overstrand Hospice se gemiddelde lading is sowat 60 pasiënte en hul families. Dit wissel maandeliks.

Daar is ‘n toenemende behoefte aan palliatiewe sorg in die Overstrand gebied. In kort kom palliatiewe sorg neer op ‘n benadering wat ten doel het om die lewenskwaliteit van pasiënte en hul families tydens prosesse van lewensbedreigde siektetoestande te verhoog.

Die ses-daagse kursus het met ‘n bekendstellings- en ken-mekaar-sessie afgeskop. Daarna is die volgende hoofareas oor die daaropvolgende vyf dae aangebied: The Caring Relationships; Loss, Grief and Bereavement; Pain / Oncology; The Dying Process and Family Care; Symptom Control / HIV; Spiritual and Cultural issues around Death and Dying; Reflections on Collages; The way forward.

“Overstrand Hospice is afhanklik van skenkings om daaglikse operasionele kostes te befonds. Ons kan nie volgehoue gratis sorg aan die gemeenskap bied sonder die bydrae van ons ondersteuners nie,” het Fran gesê.

Vir navrae, skenkings, testamentbemakings en ondersteuning, kan Overstrand Hospice by 028-312-4679 geskakel word of stuur ‘n e-pos aan admin@overstrand hospice.com.

Die webtuiste is www. overstrandhospice.org.za.

Hospice ryker met spanwerk

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles