Singer stik foutloos vir HaS basaar

Singer stik foutloos vir HaS basaar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Net so hard soos wat ons dorp se handvaardiges en goedhartiges aan vanjaar se Herberg-aan-See basaar werk, net so foutloos stik die handmodel Singer naaimasjien van Maryna Rossouw aan die veelkleurige poppe wat sy vir dié geleentheid maak.

Die 75 jaar oue naaimasjien vanuit Engeland, dateer uit 1941 en is oorspronklik deur Maryna se ma aangekoop. Maryna sou graag wou weet of daar ouer Singer naaimasjiene as dié een in die omgewing is.  Lesers kan gerus die Gansbaai Courant laat weet.

Maryna se vrolike verskeidenheid poppe weerspieël die absolute noukeurigheid waarmee sy hierdie liefdestaak uitvoer. Sy maak ook dekentjies vir die popbedjies wat Das van Dyk vir die basaar vervaardig.  Maryna is ook die koördineerder van vanjaar se basaar wat vir 1 Oktober beplan word.  Sy was in 1995 een van Gansbaai Goue Hande se stigterslede en is sedert 1996 betrokke by HaS se jaarlikse basaar. Maryna en haar eggenoot, Johan, woon al twee en twintig jaar in Kleinbaai.

Soos vele ander, is Roger Voigt van De Kelders ook hard besig om sy kant te bring.  Hy verteenwoordig die dorp se houtwerkklub deur handige houtspeelgoed te vervaardig. Hy doen ‘n beroep op veral die dorp se jong mense om aan te sluit by die Overberg Houtwerkers Assosiasie.  Belangstellendes kan Hennie Prinsloo skakel by 083-414-7962.

‘n Baie ywerige Francia van Dyk is besig om makataankonfyt te kook vir die basaar.  Herman Young van De Kelders het makatane geskenk, waarvan die grootste ‘n tamaaie 50kg is.

Die organiseerders is dringend opsoek na oorskiet wol, lap, hekelgare, roomysbakke en 5 liter waterbottels. Francia kan by 028-384-0262 geskakel word vir navrae, hulp en skenkings.

Singer stik foutloos vir HaS basaar

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles