En dit was baie goed!

En dit was baie goed!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Toe het GOD gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die sesde dag.”  (Gen 1:31) 

As ’n ou man het Loren Eiseley, ’n wetenskaplike, eendag op ’n verlate strand gestap en om bietjie skuiling teen die reën te kry, onder ’n ou vissersboot gaan lê en aan die slaap geraak. Toe hy sy oë oopmaak kyk hy vas in die spitsoortjies van ’n klein jakkalsie wat nuuskierig aan sy klere ruik. Die jakkalsie was nog te klein om enige vrees vir mense te hê en het met sy serp begin speel.

Op die ingewing van die oomblik het Loren begin saamspeel en sy serp weggetrek. Daar ontstaan toe ’n toutrekkery en spelery met die serp – en duidelik het die klein jakkalsie net soos hy, die oomblik geniet.....amper soos aan die begin van die skepping toe GOD na alles gekyk het wat Hy gemaak het en gesê: “Dit is nou baie mooi! Dit is goed!”

Kan jy jouself vir ‘n oomblik voorstel hoe GOD moes gevoel het toe Hy na Sy skepping kyk en alles sien wat Hy gemaak het?  Toe Hy vir die eerste keer met ’n klein bobbejaantjie speel en ’n luislang om Sy hand laat krul? Hoe het Hy nie met verwondering gekyk na die lang kameelperd en die groot olifant, die kolossale walvisse en die kleinste verkleurmannetjie, die reuse witkruisarend wat deur die lug klief en die swaeltjies wat op die lugstrome teen 200 km per uur kan vlieg, duisende kilometers ver!

Weet jy hoe lyk ’n ietermago met sy harde skubbe of ’n brulpadda met sy slymerige vel? GOD het dit self met Sy hande gevorm, of deur net ’n woord te spreek! Ek dink GOD het gebulder van die lag toe Hy sien hoe snaaks klein apies lyk as hulle so krampagtig aan hulle mamma se rug vasklou! Maar ek dink Hy kry die lekkerste as Hy sien hoe ’n mamma of pappa hulle pasgebore babatjie vashou en met liefde na hom of haar kyk!

Kan jy dalk nou op hierdie oomblik ervaar hoe GOD met liefde na jou kyk? Kan ’n Skepper ooit anders na Sy kinders kyk as met liefde en deernis, begrip en simpatie? Daar diep in die moederskoot, toe jy nog ’n baie klein, onsigbare wesentjie was, het GOD jou al geken en jou lief gehad! (Ps. 139:14,15)

Verstaan jy dalk nou hoekom Hy bereid is om net die beste vir jou te gee, al verdien jy dit nie? Sal ons ooit die intensiteit en passie van GOD verstaan as ons Johannes 3:16 lees”  “Want so lief het GOD die wêreld gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.”

Besef net vir oomblik hoe belangrik jy vir GOD is en dat Hy, ten spyte van al die lelike in die wêreld, vir jou net die beste wil gee.

Wees geduldig, die beste kom nog!

En dit was baie goed!

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

December's SteriThon was a winner!!

December's SteriThon was a winner!!

We are thrilled to announce that the Gansbaai SteriThon event on 11 December in Blompark was a huge success.

Fostering Animals
11 Days to Christmas: Conference Call

11 Days to Christmas: Conference Call

Arrange with the larger family to discuss responsibilities and what will be expected of every person. 

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

Most of our problems stem from reactive behaviour

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

Sit down with your “home” family and discuss what each one of you would like to experience during the holidays.

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

Keeping in accordance with old traditions, the tree was decorated on the 12th day before Christmas and taken down 12 Days after Christmas.

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Our sports coaches assisted with pre-season athletics training at Gansbaai Primary this week.

Grootbos Foundation
See All Articles