Uitsonderlike katrol

Uitsonderlike  katrol

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Baie jare terug gaan hierdie maat van my saam see toe met net ons twee aan boord. Wat my eerste opgeval het was sy vreeslike katrol  --  dié het my nog herinner aan ‘n “hubcap”, bietjie oordryf darem, maar nogtans groot. Hy sien toe ek so loer en kom dadelik met ‘n verduideliking vorendag. Hierdie katrolle sê hy is omtrent die populêrste in veral Natal en Durban. En dis ook sy visstok wat hy altyd gebruik het.

Toe hoor ek van die vreeslike seestrome en dat hulle normaalweg kondens-melkblikkies gebruik om die ou swaar sinkers te vorm.

Ek was darem ook nie heeltemal onnosel nie en het so ‘n idee gehad, maar híér, nee ou maat, dink ek, hier gaan dit nie werk nie. Daardie dag vang hy twee groot kabeljoue van oor die twintig kilogram elk.

En die katrol het nie eens ratte nie! En boonop verloor ek mý kabeljou toe die vis met stok en al in die diep water verdwyn.

Intussen het heelwat manne al met hierdie tipe gereedskap ordenlik vis gevang op die boot.

En kyk, hierdie ouens ken van, hoor.

Ek wil graag vertel van Eldo Marais wat ‘n katrol (nog groter as bogenoemde) persent gekry het van Dirk Odendaal, Franskraal.

Ek gaan probeer om dit te beskryf. Soos reeds gemeld, dis gróót. En dit werk op dieselfde prinsiep as die ou “backpedal”-fietse. Om die waarheid te sê kom die meganisme juis uit een van hierdies.

‘n Briek is verkry deur ‘n terugwaartse beweging van die slinger en dit het vir my baie effektief gelyk.

Verder is daar ook nie ratte nie en spoed word bewerkstellig deur die groot deursnee van die katrol.

En dan is dit blykbaar tuisgemaak ook.

Eldo het hierdie katrol nog nie by die water gehad nie maar ek dink hy moet dit liewer bewaar.

Is daar nog elders van hierdie meesterstukke?

Ek wil ook graag vra of daar dalk enigiets vreemds êrens is wat met hengel te doen het. Laat weet gerus. Groete

Seemeeu

Uitsonderlike  katrol

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles