Hengelaars kampeer om die braaivuur

Hengelaars kampeer om die braaivuur

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Boothengel was verlede Saterdag (2 Julie) taboe vir die Birkenhead Boothengelaars, maar soos gewoonlik het dit geen invloed op ‘n gesellige aandfunksie gehad nie.

Vir die yskoue saal het Boetie Bosman vroegaand enorme stompe, soos vir 'n kampvuur, in die binnebraai brandgesteek wat vir ‘n gesellige en warm atmosfeer gesorg het.

Met Lorainne Fourie se uitstekende potjiekos daarmee saam, kon die aand maklik as ‘n kampeerdery in die bosveld beskryf word.

Twee nuwe klublede, nogal ma en dogter, Renate en Nina Engelke is bekendgestel en het hul lidmaatskapkaartjies ontvang.

“Hierdie twee het eintlik nie bekendstelling nodig nie, maar die nodige formaliteite moet nou afgehandel kom,” het voorsitter Philip Fourie gesê.

Daarna het geselligheid en saamkuier oorgeneem en is daar behoorlik gekuier en gedans tot laataand toe, met Jan Lourens stewig agter die klub se Musiekfabriek.

Die gebruiklike gelukstrekkings vir twee bottels wyn het ook nie agterweë gebly nie. Renate Erdmann het die gelukkige kaartjies getrek, met Thérèsa de Wet en Len Staunton wat elk ‘n bottel wyn gewen het.

Die volgende boothengelkompetisie is vir Saterdag, 6 Augustus 2016 geskeduleer, met die gebruiklike en gesellige aandfunksie daarna.

Klubnavrae en funksiebesprekings kan aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634 gerig word, met kompetisienavrae aan die Wedstrydsekretaris, Jean Downing by 076-840-3393.

Hengelaars kampeer om die braaivuur

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles