Deon Opperman, die veelbesproke dramaturg, skrywer, akteur en draaiboekskrywer, besoek Gansbaai Leeskring eerskomende Dinsdag, 19 Julie.
Belangstellendes wat Deon wil ontmoet en meer wil weet van sy werk, is baie welkom om die geleentheid by te woon.
Die byeenkoms vind in die Biblioteeksaal plaas en begin om 10:00.
Persone wat na Deon wil kom luister moet die Leeskring voor Maandag 18 Julie laat weet, sodat hulle voorsiening vir u as gas kan maak.
Skakel Annemarie by 082 486 0135 of bevestig met ‘n sms.