Alissa se goeie hart wen haar die kroon

Alissa se goeie hart wen haar die kroon

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Haar onverpoosde harde werk het onlangs aan Alissa Coetzee (16) van Gansbaai die titel Miss Teen Commonwealth Charity in die Liefdadigheidskategorie besorg.  Die funksie het in Pretoria plaasgevind.  Sy het uit tien finaliste as die wenner in die kategorie weggestap. “Ons is baie dankbaar om veilig terug te wees en is baie trots op die uitslag van die groot aand,” sê Alissa se ma, Adéle Coetzee. Alissa is ‘n Gr 11 leerder aan Hoërskool Hermanus en is ‘n gebore Gansbaaier. Haar ouers is André en Adéle Coetzee van De Kelders.

Gansbaai Courant (16 Junie 2016) het ‘n berig oor hierdie pragtige jong meisie en haar liefdadigheidswerk geplaas. Sy het ook motiveringspraatjies by Gansbaai se laerskole aangebied. Hierdie kompetisie gee die meisies die geleentheid om hul leierskapeienskappe, modelering en openbare optredes uit te bou en om veral ‘n verskil in hul gemeenskappe te maak.   

“Ek wil graag weer eens my opregte dank teenoor die gemeenskap se ondersteuning uitspreek,” sê Alissa. “Ook vir al die geleenthede wat ek gebied is om liefdadigheidswerk te kon doen.”  Alissa beplan om aan te hou met haar liefdadigheidswerk om ‘n verskil in haar gemeenskap te maak en ook om ander te motiveer om dieselfde te doen. 

Alissa se goeie hart wen haar die kroon

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles