Ally se groot dag

Ally se groot dag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ally Msweli se “Groot Dag” het aangebreek met die amptelike opening van sy eie onderneming in Masakhane, naamlik “Masakhane Township Tours”.

Hy het sy uitgelese groep gaste trots op ‘n verkorte staptoer deur Masakhane se strate geneem en uiters professioneel agtergrondgeskiedenis van Masakhane aan hulle oorgedra. Die toer het die skool, kleuterskool, sportgronde, gemeenskapsaal, Flower Valley se projek en die Herwinningsprojek ingesluit. 

‘n Volledige staptoer deur Masakhane sluit ook die “shacks” dieper die woongebied in.

Kat Myburgh (Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie) Frieda Lloyd (Bemarkings- en Toerisme Bestuurder: Overstrand Munisipaliteit), Glenda Kitley (Bestuurder: Gansbaai Toerisme) en Brenda du Toit (Voorsitter: Gansbaai Toerisme), asook ander besoekers het die opening bygewoon.

Tafels is netjies gedek en ‘n smaaklike tradisionele middagete is voorgesit.

Ally se eggenote, Vuyokazi Dyanti is sy vennoot in die onderneming en is ook vir die voorbereiding van die etes verantwoordelik.

Hy het sy internskap einde  Junie vanjaar  by Gansbaai Toerisme voltooi en werk nou onafhanklik van die toerismekantoor, alhoewel daar steeds goeie samewerking met Gansbaai Toerisme is.

Naas sy deeglike opleiding in toerisme by die Gansbaai Toerismekantoor, het Dave Lee hom ook as toergids opgelei.

Hierdie entoesiastiese jongman het ook sy eie Internet kafee op die been gebring, met rekenaartoerusting wat hy self aangekoop het.

Ally se groot dag

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles