Courant word deel van herwinprojek

Courant word deel van herwinprojek

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Courant trek ‘n nuwe baadjie aan met nog ‘n bewaringsprojek wat deur Gansbaai se bewaringsikoon, Wilfred Chivell geloods is.

Sondag, 3 Julie was gekenmerk as Wêreld Plastiekvrye dag en dit het Wilfred van die Bewaringstrust tot ‘n nuwe interessante aksie laat oorgaan.

Hy het een van sy werknemers van die African Penguin & Seabird Sanctuary (APSS), Njongo Mlimisi aangesê om met die maak van papierinkopiesakkies te begin.  Nie net word Gansbaai Courant se ou koerante vir die doel ingespan nie, maar enige rondlê of weggooikoerant word gevou en geplak vir ‘n tweede doel op ons kosbare aarde – die van ‘n eko-vriendelike inkopiesakkie.  

“Dyer Eiland Bewarings Trust het tydens skou-uitstallings die idee gekry om papier vir inkopiesakke te gebruik en Njongo het met ou koerante aan die werk gespring,” vertel Brenda du Toit, Wilfred Chivell se persoonlike assistent.

Aangesien Njongo van ‘n verskeidenheid koerante gebruik maak, vervaardig hy inkopiesakke van verskillende groottes.

Hy het die sakkie in die foto hiernaas binne enkele minute spesiaal vir die redakteur van Gansbaai Courant gemaak.

Die inkopiesakke van papier is by die APSS sentrum beskikbaar en die grootse projek wat aangewend word vir die bedreigde Afrika Pikkewynspesie, kan gerus ondersteun word.

Die APSS is elke dag van die week oop vanaf 08:00 tot 16:00 vir gratis besoeke en dit is veral die voedingstye wat om 08:30 en 15:00 plaasvind, wat groot belangstelling van die publiek lok.

Lesers kan gerus die Pikkewyn Reddingslynnommer op hul selfone stoor -  072-598-7117. Die nommer kan geskakel word wanneer enige seedier gewaar word wat in nood verkeer.

Courant word deel van herwinprojek

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles