“Sê nou maar net....”

“Sê nou maar net....”

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Toe het die oudste seun kwaad geword en hy wou nie in die huis ingaan nie. Sy pa gaan toe uit en praat mooi met hom; maar hy antwoord: ‘Kyk, al die jare werk ek soos 'n slaaf vir Pa. Nog nooit het ek 'n opdrag van Pa verontagsaam nie, en vir my het Pa nog nooit eers 'n bokkie gegee sodat ek saam met my vriende kan feesvier nie. Maar nou dat hierdie seun van Pa, wat Pa se goed met prostitute deurgebring het, terugkom, het Pa vir hom die vetgemaakte kalf geslag!’ (Luk 15:28-30)

Onthou jy nog hoe ons as kinders altyd die “Sê nou maar net...” speletjie gespeel het? “Sê nou maar net...ons het in ’n paleis gewoon met baie huispersoneel en baie geld!”  “Sê nou maar net...ek is die president van die land!”  Dalk het ons almal vandag nog sulke “Sê nou maar net’s”

Dit maak dalk die skerpkant van die lewe makliker.

Elke keer as ek die gelykenis van die verlore seun in Lukas 15 lees dan wonder ek: “Sê nou maar net...die oudste seun, wat by die huis gebly het, het buite gestaan toe sy jonger broer huis toe gekom het.” Wat sou sy verwelkomingswoorde gewees het? “Wat soek jy hier? Jou luis! Jy het al pa se geld met prostitute vermors en dan waag jy dit nog om jou gesig hier te wys! Skoert jong!”

My vraag is: Wie is eintlik die verlore seun in hierdie gelykenis? Net omdat hy in die huis van sy vader gebly het, beteken nie noodwendig dat sy verhouding met sy vader reg was nie. Daar was beslis groot fout met sy gesindheid. Dalk het hy, soos ons dalk ook, gedink dat as jy jou lewe lank in die huis van die Vader bly,  jou saak met Hom reg is. Nie so maklik nie. Jou gesindheid waarmee jy jou broer en suster hanteer is ook baie belangrik.

Kyk weer na die gesindheid van die vader in die gelykenis. “ Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom.” (Luk 15:20) Ons Hemelse Vader doen dieselfde met ons. Al het ons afgedwaal en baie verkeerde dinge gedoen, die dag as jy berou het en terugkeer van die Vader sal Hy Sy arms oopgooi en jou hartlik verwelkom. Dit is wat Jesus ons kom leer het van die Vader.

“Sê nou maar net...Jesus het hierdie gelykenis eintlik vertel om ons te waarsku om nie soos die oudste broer te wees nie!”  Hoeveel mense is daar in ons dorp en omgewing wat ontuis voel in ons kerke en ons huise omdat ons hulle veroordeel of minag? Die gesindheid waarmee ons mekaar behandel is vir GOD baie belangrik. GOD haat hoogmoed en verwaandheid. (Spr. 6:17)

Dalk moet ons weer hierdie gelykenis gaan lees en vra: “Sê nou maar net...ek is eerder soos die oudste broer!”

“Sê nou maar net....”

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles