Portretfoto’s behaal goud by Fotografieklub

Portretfoto’s behaal goud by Fotografieklub

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Na aanleiding van Robert Johnson se onlangse opleidingsessie oor portretfoto’s, het die enkele beoordelaar behoorlik kopgekrap tydens verlede week se kompetisie.  Gansbaai Fotografieklublede is streng beoordeel, maar tog is ‘n paar goue toekennings gemaak.

Daar was twee kategorieë – die afdeling vir portretfoto’s en ‘n ope-afdeling.

Ook in die ope-afdeling is enkele foto’s met goud beloon.

Oor die algemeen is baie goeie foto’s in altwee kategorieë vertoon en die besprekings wat telkens gevolg het, was insiggewend en is leersaam deur die klublede gevind.

In altwee gevalle is heelparty foto’s van diere en voëls vertoon, met ook etlike kinders of bejaarde persone.

Robert het onder andere gesê dit is ‘n fout om portretfoto’s net as “kop-en-skouers” te sien. Dit kan ‘n groot verskeidenheid van foto’s wees, ook van diere, maar onder bepaalde voorwaardes, waarvan die belangrikste is om op die oë te fokus.

Die meegaande twee foto’s toon die uiteenlopendheid van portretfoto’s aan, wat demonstreer dat ‘n portretfoto nie noodwendig “kop-en-skouers” moet wees nie. Te oordeel aan die goeie foto’s wat as “tuisoefeninge” geneem is, het klublede groot baat by Robert se aanbieding gevind.

Gansbaai Fotografieklub se byeenkomste is vir elke eerste en derde Maandag om 18:30 van elke maand geskeduleer en vind te Groeneweide Kwekery plaas. Die volgende byeenkoms sal  Maandag, 18 Julie plaasvind, met opleiding in kleurtegnieke.  

Navrae kan aan Riaan Jacobs by 082-373-8270 (chairperson@gbpc.co.za) gerig word, of skakel vir Veronica du Plessis by 084-826-8781 (secretary@gbpc.co.za). Die klub se webtuiste is www.gbpc.co.za. 

Portretfoto’s behaal goud by Fotografieklub

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles