‘n Dag voor haar 21ste verjaardag, het Lisa-Mari Brand, ‘n derdejaar onderwysstudent verbonde aan CPUT Wellington, die wonderlike nuus ontvang dat sy die R500-Annique geskenkpak wat deur Monica Hayes geskenk is, in Gansbaai Courant se Vadersdag-kompetisie gewen het.
Haar verjaardag was ‘n hele “Boat House”-viering aangesien sy vakansies by die restaurant werk en haar twee vriendinne – Santie Potgieter en Estelle Burger, asook haar ma Yolanda, ook daar werksaam is.
Santie en Estelle was twee regte doemprofete toe Lisa-Mari aan dié sms-kompetisie deelgeneem het. Nie alleen het hulle haar vertel sy is heeltemal te laat om die 37-ste deelnemer te wees nie, maar het haar ook sommer herinner dat sy nog nooit gelukkig was om iets te wen nie.
Hoe sê die spreekwoord? “Daar is altyd ‘n eerste keer!”