Die gemeenskap van Groter Gansbaai, Gansbaai Munisipaliteit en etlike instansies en besighede doen jaarliks entoesiasties mee aan “67 minute vir liefdadigheid” wat op Mandeladag, 18 Julie plaasvind.
Twee instansies het sommer vroegtydig laat weet. Gansbaai Toerisme beplan drie aktiwiteite: “Walk a BARC Dog” by Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC) se hokke, waar ondersteuners om 10:00 bymekaar kan kom - alles ten bate van BARC; “Give something Warm to some-one Cold”, waar hulle met serpe en komberse ondersteun kan word; “Give a Cup of Soup to the Hungry”, waar Gansbaai Elimhuis met sop bederf gaan word.
Belangstellendes en ondersteuners van Gansbaai Toerisme se Mandeldagprojek, kan vir Doulene Els by 028-384-1439 skakel, of stuur ‘n e-pos aan haar by doulene@gansbaaitourism. co.za.
Die personeel en ondersteuners van Gansbaai Biblioteek, asook ander biblioteektakke in die Overstrand, is ook hard aan die woel vir Mandeladag.
‘n Groot hoeveelheid kombersies is al deur die “knit-wits” gemaak. Sharman Geldenhuys, Bib-liotekaris van Gansbaai Biblioteek, sê hulle beplan om die komberse op Mandeladag uit te deel. Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie ondersteun die biblioteekprojek ten volle.
Almal word uitgenooi om Gansbaai Courant te kontak vir Mandeladagaktiwiteite op Maandag, 18 Julie. Voorafreëlings moet betyds getref word, aangesien Gansbaai Courant nie gelyktydig by ‘n verskeidenheid van aktiwiteite teenwoordig kan wees nie. Foto’s kan ook self geneem word en met die nodige inligting aangestuur word. Skakel 082-786-0494 of stuur ‘n e-pos aan hardus@maxitec.co.za.