Rolbalnuus (14 July 2016)

Rolbalnuus (14 July 2016)

Gansbaai Courant

Johan Fick en Linda Rossouw is tydens die seisoenafsluiting van die Franskraal Rolbalklub vir die jaar 2015/’16 met trofees vereer as spelers wat die “ekstra myl” gestap het.

Dit is die eerste keer dat so ‘n toekenning aan ‘n manlike en vroulike speler, wat nie op die bestuur dien nie, gemaak word.

Attie Louw het hierdie trofeë geskenk en ‘n stemming onder klublede het bepaal aan wie hierdie toekennings gemaak word.

Die prysuitdeling vir die wenners en naaswenners van die verskillende klubkampioenskappe het op 17 Junie  plaasgevind. Die aand is op gesellige wyse afgesluit. Die laaste toernooi van die jaar is op 21 Junie 2016 gespeel. Dit was op 'n formaat gespeel waarin 'n speler in elk van die drie wedstryde saam met verskillende spelers gespeel het. Dit het beteken dat spelers in werklikheid vir hulself gespeel het, omdat die punte wat 'n span aangeteken het vir elk van die drie spelers in 'n span getel het. Dit was groot pret.

Die Algemene Jaarvergadering het op 24 Junie 2016 gevolg.

Kay Puttick is as president verkies, met Henk van der Walt as sekretaris en Jaco Swart as klubbestuurder.

Tydens hierdie bedrywige tyd het drie spanne van Franskraal ook  op Riviersonderend aan 'n toernooi deelgeneem waar hulle goed rekenskap van hulself gegee het.

Met die winter wat nou aangebreek het sal bedrywighede afneem en instandhoudingswerk op die perke sal aandag geniet wanneer die weer dit toelaat. Daar word uitgesien na die nuwe seisoen wanneer beide perke weer in gebruik sal wees.

Rolbalnuus (14 July 2016)

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles