Rolbalnuus (14 July 2016)

Rolbalnuus (14 July 2016)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Johan Fick en Linda Rossouw is tydens die seisoenafsluiting van die Franskraal Rolbalklub vir die jaar 2015/’16 met trofees vereer as spelers wat die “ekstra myl” gestap het.

Dit is die eerste keer dat so ‘n toekenning aan ‘n manlike en vroulike speler, wat nie op die bestuur dien nie, gemaak word.

Attie Louw het hierdie trofeë geskenk en ‘n stemming onder klublede het bepaal aan wie hierdie toekennings gemaak word.

Die prysuitdeling vir die wenners en naaswenners van die verskillende klubkampioenskappe het op 17 Junie  plaasgevind. Die aand is op gesellige wyse afgesluit. Die laaste toernooi van die jaar is op 21 Junie 2016 gespeel. Dit was op 'n formaat gespeel waarin 'n speler in elk van die drie wedstryde saam met verskillende spelers gespeel het. Dit het beteken dat spelers in werklikheid vir hulself gespeel het, omdat die punte wat 'n span aangeteken het vir elk van die drie spelers in 'n span getel het. Dit was groot pret.

Die Algemene Jaarvergadering het op 24 Junie 2016 gevolg.

Kay Puttick is as president verkies, met Henk van der Walt as sekretaris en Jaco Swart as klubbestuurder.

Tydens hierdie bedrywige tyd het drie spanne van Franskraal ook  op Riviersonderend aan 'n toernooi deelgeneem waar hulle goed rekenskap van hulself gegee het.

Met die winter wat nou aangebreek het sal bedrywighede afneem en instandhoudingswerk op die perke sal aandag geniet wanneer die weer dit toelaat. Daar word uitgesien na die nuwe seisoen wanneer beide perke weer in gebruik sal wees.

Rolbalnuus (14 July 2016)

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles