Mona wen ons Blokraaiprys

Mona wen ons Blokraaiprys

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Mona Oosthuizen van Franskraal is die gelukkige wenner van Blokraai nr. 234.

Sy wen die boek: Anderkant Vergeet deur Santie van der Merwe, geskenk deur Lapa Uitgewers.

Resensie:  Anderkant vergeet is ‘n roerende verhaal oor ‘n vrou wat haarself ontdek en nie hou van wat sy sien nie. 

Baie van ons wonder hoe dit voel om ‘n tweede kans te kry.

Anneleen Gericke beland in ‘n ernstige motorongeluk.  Toe sy bykom met ‘n gekneusde en geswelde brein, het sy geheueverlies.  Sy kry haar tweede kans, maar dit is hoegenaamd nie maklik nie.  Die laaste vier en twintig jaar van haar lewe is gewoon weg.

Kort ná haar matriekafskeid, vier en twintig jaar gelede, was sy en vier ander ook in ‘n gruwelike ongeluk betrokke.

Sy onthou alles van wat gebeur het tot voor daardie ongeluk.

Nou, ná die tweede ongeluk begin sy uitvra.  Haar beste vriendin van destyds is dood.  Sy hoor dit nou asof vir die eerste keer.  Een van haar vriende is ‘n parapleeg.  ‘n Tweede vriend het gewoon gevlug.  Daardie aand, kort voor die ongeluk, het sy en Christiaan uitgemaak.  Nou moet sy hoor dat sy intussen met die einste Christiaan getroud is en dat hulle twee kinders het wat sy  glad nie ken nie.

Die ergste skok wag egter nog op haar.

Anneleen se brein genees, maar sy het steeds ‘n donker gat in haar geheue.  Vir ‘n paar weke lank herstel sy in die bekende geborgenheid van haar ouerhuis, maar dan moet sy terug na die lewe wat sy vergeet het.  In haar eie huis, tussen kinders wat sy nie ken nie, ontdek sy wie sy was en daardie “Anderleen” staan haar glad nie aan nie. 

Sy soek voortdurend, maar daar duik immer meer vrae op.  Hoekom het sy die keuses gemaak wat sy gemaak het?  Kan sy werklik die ma wees van die nuuskierige elfjarige seun  ,die opstandige, moeilike, agtienjarige dogter?  Die ergste van alles:  Kan sy Christiaan weer liefkry?  Het sy hom dan ooit liefgehad ná daardie aand?

En wat het van al haar drome geword?

Die boek deel ook die perspektief van ‘n man wat smag na ‘n vrou wat hy skynbaar verloor het en dié van ‘n kind wat al die skuld op haarself neem.

Anneleen is die vrou wat wonder of sy nuwe keuses kan maak en meer nog, of sy hierdie keer die regte keuses maak?

Lapa Uitgewers is trots om hierdie genre, wat as “women’s fiction” in die VSA al hoe meer gewild raak, op eie bodem in Afrikaans kan help vestig.  Boeke soos The Help is topverkopers en wys lekkerlees kán diepte hê.

Dink ook aan blitsverkopers soos Sophia Kapp se Oorlewingsgids vir ‘n bedonnerde diva en Alta Cloete se Opdrag van Oorkant.

Net soos “women’s fiction” in die VSA deur talle mans gelees word, smeek Anderkant vergeet ook om mans se aandag.  Dit is ‘n boek wat vuishoue uitdeel, maar ook salf op die wonde plak.

Daar is reeds meer as 5 800 kopieë van Gelyke kans verkoop.

Besoek LAPA se webblad by www.lapa.co.za om die boek te bestel.

Mona wen ons Blokraaiprys

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles