Dinge wil maar nie vlot nie!

Dinge wil maar nie vlot nie!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Almal wil maar glo dat hy net so goed of nog beter as die ou langs hom hengel. Maar om eerlik te wees, wie het nie al die dag beleef toe alles maar net nie wou vlot en sy vangs maar sleg afgesteek het teen sy medehengelaar nie? En ons weet mos almal van aanpas en verander en ooggooi en loer en vra. Dis nou juis die probleem. Na jy al hierdie goed toegepas het wil daar nog steeds niks by jou aangaan nie en jou laaitjie bly skaamteloos naby aan leeg. Jy het al probeer met groter en kleiner hoeke, asook ‘n skerper en selfs ‘n ander vreemdsoortige ene. Verskeie sinkers (die wat gly, sowel as ligter en ook swaarder). Met dunner, maar ook dikker lyne. Jy het jou “tackle” anders opgemaak, jou stroppe se lengte verander en selfs jou aas begin vasbind. Jou lyn is ook lewend gehou  --  jy het mos geloer hoe die ou langs jou sy wysvinger so roer-roer. Dan is jy op die grond en dan weer halfdiepte. Selfs ‘n dryflyntjie kry beurt. Einde ten laaste sommer ‘n ander lyn. Nog steeds bly die resultate weg. Die ander manne vang! Dan maar die visstok inspan. Nee wat, dis nou die tyd dat jy begin moedeloos raak.

Glo dit as jy wil of nie, dis nog steeds aangenaam, of sommer pleinweg lekker.

Maar laat ‘n man nou eerlik wees. Nie só lekker nie! Vir ‘n man wat logies redeneer is dit teen hierdie tyd ongeloofbaar dat hy steeds swak vaar.

Dis dan dat die idee posvat  --  dis dalk tyd om op te hou vang, permanent, sommer uittree  --  moerig verby! Maar so ver het dit nog nooit gegaan nie en sal ook nie. Vergelyk maar die situasie as een of ander baie bekende sportman (vat nou maar rugbyspelers) skielik nie so wonderlik vertoon nie en sommer vrot speel. Ek het nog nooit geglo dat hulle nie hul bes probeer nie. En gee hom maar kans, hy sal weer regkom. Is hengel nie maar soortgelyks nie? Net soos jy dink daar is een of ander fout met jou loop jy jou in die vis vas en vang soos nog nooit tevore nie.

Hierdie stukkie hierbo net om die manne wat sommer vreeslik aan die sukkel gaan weer moed te laat skep  --  wie’t gepraat van uittree?

Daar is tog kabeljou en ook geelbek gevang en vir ‘n verandering het die weer daartoe bygedra.

Hoop dit gaan vorentoe nog beter! Groete,

Seemeeu

Dinge wil maar nie vlot nie!

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

December's SteriThon was a winner!!

December's SteriThon was a winner!!

We are thrilled to announce that the Gansbaai SteriThon event on 11 December in Blompark was a huge success.

Fostering Animals
11 Days to Christmas: Conference Call

11 Days to Christmas: Conference Call

Arrange with the larger family to discuss responsibilities and what will be expected of every person. 

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

Most of our problems stem from reactive behaviour

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

Sit down with your “home” family and discuss what each one of you would like to experience during the holidays.

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

Keeping in accordance with old traditions, the tree was decorated on the 12th day before Christmas and taken down 12 Days after Christmas.

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Our sports coaches assisted with pre-season athletics training at Gansbaai Primary this week.

Grootbos Foundation
See All Articles