Dinge wil maar nie vlot nie!

Dinge wil maar nie vlot nie!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Almal wil maar glo dat hy net so goed of nog beter as die ou langs hom hengel. Maar om eerlik te wees, wie het nie al die dag beleef toe alles maar net nie wou vlot en sy vangs maar sleg afgesteek het teen sy medehengelaar nie? En ons weet mos almal van aanpas en verander en ooggooi en loer en vra. Dis nou juis die probleem. Na jy al hierdie goed toegepas het wil daar nog steeds niks by jou aangaan nie en jou laaitjie bly skaamteloos naby aan leeg. Jy het al probeer met groter en kleiner hoeke, asook ‘n skerper en selfs ‘n ander vreemdsoortige ene. Verskeie sinkers (die wat gly, sowel as ligter en ook swaarder). Met dunner, maar ook dikker lyne. Jy het jou “tackle” anders opgemaak, jou stroppe se lengte verander en selfs jou aas begin vasbind. Jou lyn is ook lewend gehou  --  jy het mos geloer hoe die ou langs jou sy wysvinger so roer-roer. Dan is jy op die grond en dan weer halfdiepte. Selfs ‘n dryflyntjie kry beurt. Einde ten laaste sommer ‘n ander lyn. Nog steeds bly die resultate weg. Die ander manne vang! Dan maar die visstok inspan. Nee wat, dis nou die tyd dat jy begin moedeloos raak.

Glo dit as jy wil of nie, dis nog steeds aangenaam, of sommer pleinweg lekker.

Maar laat ‘n man nou eerlik wees. Nie só lekker nie! Vir ‘n man wat logies redeneer is dit teen hierdie tyd ongeloofbaar dat hy steeds swak vaar.

Dis dan dat die idee posvat  --  dis dalk tyd om op te hou vang, permanent, sommer uittree  --  moerig verby! Maar so ver het dit nog nooit gegaan nie en sal ook nie. Vergelyk maar die situasie as een of ander baie bekende sportman (vat nou maar rugbyspelers) skielik nie so wonderlik vertoon nie en sommer vrot speel. Ek het nog nooit geglo dat hulle nie hul bes probeer nie. En gee hom maar kans, hy sal weer regkom. Is hengel nie maar soortgelyks nie? Net soos jy dink daar is een of ander fout met jou loop jy jou in die vis vas en vang soos nog nooit tevore nie.

Hierdie stukkie hierbo net om die manne wat sommer vreeslik aan die sukkel gaan weer moed te laat skep  --  wie’t gepraat van uittree?

Daar is tog kabeljou en ook geelbek gevang en vir ‘n verandering het die weer daartoe bygedra.

Hoop dit gaan vorentoe nog beter! Groete,

Seemeeu

Dinge wil maar nie vlot nie!

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles