Scattered Links skarrel vir goeie werk

Scattered Links skarrel vir goeie werk

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai se motorfietsryers van die Scattered Links, Overberg Chapter skarrel weer ernstig rond vir hulle 2016 Overberg Rally.

Die “geskarrel” is egter op ‘n deeglike georganiseerde basis - hulle mág maar liefdadigheids“rally’s” reël.

“Ons reël jaarliks fondsinsamelingsgeleenthede vir liefdadigheid sedert ons stigting in 2006/2012,” vertel Junita Maree van die klub. “Vanjaar is egter die tweede groot rally wat gereël word, naamlik die Overberg Rally.” Hulle verwag baie motorfietsryers by Hazelvlakte, Bredasdorp gedurende die naweek van 30 September tot 2 Oktober 2016. Die kamp gaan vele pret oplewer met lewendige musiekoptredes, speletjies speel, geluktrekkings, kosstalletjies en veel meer, met talle pryse wat gewen kan word.

Vanjaar se rallynaweek is ten bate van Calvin Olivier. Hierdie jongman se lewe is vroeër vanjaar tydens ‘n ernstige motorongeluk binne sekondes verander. Die doel van hierdie fondsinsameling is om Calvin met sy enorme mediese onkostes by te staan.

Op 14 Augustus vanjaar bied die klub hulle derde Overberg “Breakfast Run” vanaf Botrivier na Gansbaai aan, ook ten bate van Calvin Olivier.

Vorige liefdadigheidsprojekte sluit onder andere die volgende in: Silwerjare Dienssentrum, Little Mason, Gideon's, Elim Huis, Bredasdorp, Kobus du Toit, Overberg Medical Response, His Blood Warriors, Adéle Roodt en Gansbaai Helpende Hande.

Vir algemene navrae rakende die Scattered Links, Overberg Chapter kan die President, Pieter Maree by 083-292-0190 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan hom by scatteredlinks.overberg@gmail.com.

Vir navrae rakende liefdadigheidsprojekte kan Junita Maree by 083-665-5341 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by junitamaree95@gmail.com.

Scattered Links skarrel vir goeie werk

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles