Dit is Phumza Khweyiya se vriendelike glimlag wat toeriste deesdae verwelkom agter die inligtingskantoortoonbank by Gansbaai Toerisme.
Die 26-jarige Phumza is vanaf 1 Julie besig met haar jaar internskap deur die munisipaliteit en vervang Ally Msweli, oor wie Gansbaai Courant verlede week berig het.
Ally het na sy jaar internskap, sy eie besigheid “Masakhane Township Tours” begin.
Phumza, wat baie opgewonde is oor haar aanstelling, het haar skoolopleiding aan die Qhayiya Senior Secondary School in Hermanus voltooi, waarna sy in 2012 haar NCV in Veiligheid in Gemeenskap Vlakke 2,3 en 4 aan die Boland Kollege verwerf het.
Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme is baie tevrede met Phumza se aanstelling en sê: “Soos in Ally se geval is die aanstelling geldig vir ‘n jaar, wat wel verleng kan word."
Phumza stel baie belang in die “Homestay”-projek, waar toeriste aan huis van plaaslike inwoners oornag. Sy hoop om eendag hierdie droom van haar te verwesenlik.