Dit maak ons net sterker en beter!

Dit maak ons net sterker en beter!

Gansbaai Courant

“My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.

En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming.” (Jak. 1:2 -4)

Verlede week is ek by die begrafnis van my skoonmoeder, en my seun Theon, doen die lofrede. Hy vertel vir ons met passie wat hy by sy ouma geleer het. As kind het sy baie swaarkry-tye beleef en as volwassene baie geliefdes aan die dood afgestaan. Haar lewensfilosofie was altyd:

“My seun, die moeilike dinge maak jou net sterker en die goeie dinge maak jou beter!”

Die Woord van GOD sê presies dieselfde, is dit nie só nie? As jy deur moeilike tye gaan moet jy geduldig bly en vertrou dat GOD jou net sterker sal maak. Lees hierdie teks hierbo uit Jakobus sommer twee of drie keer en maak dit jou lewensfilosofie: GOD laat toe dat swaarkry oor ons pad kom sodat ons geloof sterker kan word. Hoekom moet ons geloof sterker word? Sodat ons tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming!

Jesus het ons kom red uit die mag van die ewige dood. Ons wat glo weet verseker dat ons nou ’n hemelse woonplek het. Maar intussen kan ons nie net terugsit en wag dat ons doodgaan nie. Die lewe gebeur elke dag om ons. Ons gaan deur goeie tye en ons ervaar hartseer dinge. Ons sien hoe mense rondom ons swaarkry terwyl ander oënskynlik geen moeilikheid ervaar nie. Te midde van hierdie wipplank-ry van die lewe, moet ons weet: GOD laat alles ten goede meewerk vir dié wat Hom liefhet! (Rom 8:28) Alles is ook nie net altyd goed in die lewe nie. Nêrens in die Bybel lees ek dat GOD aan ons net lekker belowe het nie. Maar ek weet dat Hy belowe het dat Hy ons nooit sal verlaat nie en dat Hy te alle tye langs ons sal wees en deur die Heilige Gees in ons sal bly! (Jes. 41:7; 2 Kor. 4:9; Heb. 13:6)

Gaan sit vir ’n oomblik stil en kyk terug op jou lewe. Jy sal raaksien dat die swaarkry ook vir jou sterker gemaak het. ’n Atleet wat wil presteer weet dat hy harder moet oefen en sy liggaam deur moeilike fases moet laat gaan om fikser te word. As gelowige moet jy ook swaarkry om sterker te word. As jy dan goeie tye ervaar en ek glo daar is baie in jou lewe, leef dankbaar en weet: Ek word beter! Sterker en beter!

Dit maak ons net sterker en beter!

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles