Romansbaai se Barnard-huis gaan groen

Romansbaai se Barnard-huis gaan groen

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Om ‘n Gansbaai-inwoner te wees is ‘n uitsonderlike voorreg.  ‘n Egpaar wat hierdie voorreg opreg waardeer en geniet, is Dr Christo Barnard en sy vrou, Elmarie. Hulle huis in Romansbaai is beplan om die natuur ten volle te geniet. 

Hulle is omring deur fynbos, met ‘n 180° uitsig oor die see. Allerlei bokkies, patryse en eekhorings maak deel uit van hul lewensruimte. Vir Dr Barnard was dit dus ‘n natuurlike besluit om “groen” te gaan toe die dorp al hoe meer met elektrisiteitstoevoer begin sukkel. Om sonder krag te sit, was nie net uiters ongerieflik nie, maar ook ‘n totale taboe wanneer daar mediese noodgevalle ontstaan en die plaaslike dokter nie sy motorhuisdeur kan oopkry nie. Die gevaar dat medisyne wat teen sekere temperature gestoor moet word onbruikbaar en gevaarlik kan raak, was ook ‘n groot faktor.

Die Barnard-huis het dus hierdie week “groen” gegaan toe twaalf sonpanele deur die firma “Green Sun” binne twee dae geïnstalleer is. Hierdie Duitse produk word deur Elmarie se twee seuns Andeon en Xavier Louw bemark en versprei. (sien advertensie). Die installasie van sonpanele, gerugsteun deur batterypakke, voeg waarde tot eiendom en plaas die inwoner in beheer van sy lewenstyl. Skakel gerus met hierdie twee jong manne, wat die groen uitdaging in ons pragtige land behoorlik by die horings gepak het met hul sonenergie-bedryf.

Hulle het selfs ‘n finansiële instelling genader met die sisteem wat òf die energie wat nie verbruik word nie stoor, òf dit terugsit in die elektrisiteitsisteem en die verbruiker sodoende ‘n hele klompie geld per jaar bespaar. Op hierdie wyse betaal die sisteem homself binne vyf jaar terug.

Romansbaai se Barnard-huis gaan groen

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles