Franskraal se NG-wyke het Sondag, 17 Julie 2016 vir ‘n “uithang-ete” in ‘n prag-versierde Pretoriussaal gesorg.
Dit was die jaarlikse gemeente-ete van die NG-gemeente Gansbaai en daar is behoorlik en gesellig saamgekuier en geëet.
Op die foto is ds Dirk van Dyk besig om die Franskralers (agter) te bedank.
