Black Leaves sal moet béter wen

Black Leaves sal moet béter wen

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Twee drieë deur die vleuel Triston Martin en ‘n doel- en strafskop, het aan Black Leaves ‘n naelskraapse oorwinning van 15-13 oor Caledon besorg.

Hierdie wedstryd was tot die einde toe in die weegskaal, nadat Brendon Lee Dickson die Baai weereens soos telke male laat ontsnap het met ‘n fatale strafskop na die pale.

Dit is glad nie die tipe wedstryde wat die span se ondersteuners wil sien nie, veral met nog so ‘n halfdosyn taai wedstryde oor waaronder Hawston die volgende een sal wees.  

Na die naweek se vertoning teen Caledon, sal die Baai met veel beter vertonings vorendag moet kom as hulle nog enigsins onder die Top 4 wil eindig.

Die Baai het hul rekening goed geopen in die eerste helfte om vinnig 12 punte op die telbord te kry, maar het daarna nie te waffers vertoon om die druk meer toe te pas nie. 

Met die Baai wat nie eintlik oor daardie kolosale voorspelers beskik nie, is hulle nog te geneig om deur die verdediging te gaan vir drieë, instede van hul vinnige “back line” weg te stuur.

Nietemin, elke wenuitslag bring groot verligting.  Black Leaves geniet nou ‘n ruskans hierdie komende naweek en pak Hawston dan weer op 30 Julie.  Sake moet nou goed uitgewerk word om Hawston te troef en sake kan gedaan wees en niks anders as groot intensiteit is nodig om die werk te gaan doen.

Black Leaves se derde span verloor 3-22, so ook die tweede span met 15-22.  Komaan Manne!

So sê “Bra G”

BLACK LEAVES SE OORBLYWENDE LIGABEPALING

30 Julie - Hawston – wegwedstryd
6 Augustus   Botrivier  - tuiswedstryd
13 Augustus -  Rangers/Bredasdorp – wegwedstryd
20 Augustus – Atlantis/Hermanus – tuiswedstryd
27 Augustus – Grabouw – wegwedstryd
10 September – Kleinmond - tuiswedstryd

Black Leaves sal moet béter wen

So Sê Bra G

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles