Ou Hardebaard in herinnering

Ou Hardebaard in herinnering

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Soos belowe en reeds gedoen is, gaan ons hierdie week weer voort met ‘n herhaling van ‘n rubriek wat op 11 November 2005 verskyn het en gaan oor Piet Allies. Hou in gedagte dit verskyn woordeliks die-selfde.

Wanneer Piet Allies sê die wind waai so, ons moet na dié plek toe gaan, kan jy maar luister na hom. ‘n Goeie man en ‘n aanwins om hom deel van jou “crew” te hê. So praat die skippers van Piet, en gesels jy met hom word dit duidelik waarom. Hy is nou 66 jaar jonk en 54 van die jare werk hy al op see. Eers op die vistreilers (ook in Walvisbaai), en daarna, lynvis. Hy het ook op Boklam, die ou drieman-kano gewerk en daarna op Deon, ook ‘n kano. Dié het later gesink en twee man het verdrink. Toe het die sesmanriemskuite gevolg  -  van hulle nog sonder enjins. Op Dyer-eiland, Port Nolloth en Kleinsee het hy vir ‘n lewe robbe doodgeslaan teen vergoeding van R11 ‘n maand plus ‘n tiekie vir ‘n dooie rob, later opgestoot tot 5 sent! Die goed was nogal kwaai, sê hy, en jy moes jou dinge ken.

By Luderitz se banke was die doodgeslane robbe se pense altyd tjokvol kreef, terwyl dié by Dyer-eiland net met vis gevul was. Daar is duisende meer robbe vandag, volgens hom. 23 jaar gelede het hy by Sakkie du Toit se boot, Zaniter, as bemanningslid begin en is steeds by hom en baie gelukkig. Piet sê daar is nie deesdae minder vis nie.

In die ou tyd het hulle skaars verskuif en baie vis gevang. Deesdae se bote, sê hy, beweeg te veel rond en vang minder vis. Dalk byt die goed tóg deesdae skelmer. Geelbek, gaan hy aan, gee tussen Januarie en Maart pad diepsee toe en vanaf Oktober is hulle gewoonlik naby die wal. Desember tot Maart behoort die kabeljou met die baie suidoostewinde en kouer water in die vlak water te wees.

Wintermaande is wanneer hulle dieper in verkas. Die ou Hardebaard sê hy begin nou oud word en hoewel hy begin dink aan ophou visvang, gaan dit nie gebeur nie.

Daarvoor is hy te lief vir die see. Kleintyd al het hy weggeloop na die viswaters toe en dit het tot gevolg gehad dat jy nie geleerdheid ontvang het nie. Behalwe vir sy knieë is hy nog reg en gelukkig oor die loop van sy lewe. (Die probleem met die knieë is glo nie as gevolg van kruip agter vroumense aan in sy jonger dae nie!). Gedurende sy baie jare op see het hy baie waardevolle lesse geleer  --  en was baie maal amper dood.  Plesier gewees om met jou te praat, Piet. Dit was daardie tyd baie interessant en is steeds.

Groete, Seemeeu

Ou Hardebaard in herinnering

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles