Goud tydens die Knysna Forest Marathon het nie net vir Marco Maarman, ‘n Graad 12 leerder van Gansbaai Academia, gewink nie. Hy het dit welverdiend ontvang vir sy deelname aan die marathon op 9 Julie vanjaar. Uit die 7,327 deelnemers het Marco uitstekend gevaar en het in die 105de plek geëindig. Hierdie harde 21 kilometer het hy in ‘n tyd van een uur voltooi.
‘n Uitstekende prestasie met Gansbaai Academia en die gemeenskap wat sommer baie trots is op hom.
Marco se naam gaan beslis nog baie in die toekoms gehoor word.