Wyngilde kuier weer

Wyngilde kuier weer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Om met twee uitstekende wyne, Chip off the Old Block Sauvignon Blanc en Ondine Malbec, verwelkom te word, kan net groot genot vir ‘n wynproe-aand beteken.

Gansbaai Wynproegilde se voorsitter, Theuns Roodman, het formele sake vinnig afgehandel en Steve Serbon het die aanbieder, Andre Rheeder van Ormonde Privaat Wynkelder aan die woord gestel.

Die wynplaas en -kelder van die Bassonfamilie is in die Weskus by Darling geleë, met die natuurskone wynstreek wat oor sowat ses honderd fynbosspesies beskik.

Andre het egter op die doel van die aand - wynproe - gefokus. Hy het afgewyk van die “normale” en tydens die voor-gereg, ete en nagereg telkens ‘n wit- en ‘n rooiwyn vir proe en beoordeling aangebied.

Die volgende wyne is deur die gaste geproe en beoordeel:

Ondine Semilolon (2014), Ondine Pinot Noir (2015), Chip off the Old Block Chenin Blanc (2015), Chip off the Old Block Cabernet Sauvignon (2014), Ormonde Chardonnay (2013) en Ormonde Shiraz (2014).

Die onderskeie wyne is goed ontvang, met goue toekennings wat bykans deurgaans toegeken is.

Een van die klub se wynkenners het die opmerking gemaak dat dit een van die beste wynproe-aande in die afgelope twee jaar was.

Die Great White House se sjef, Chris Pead, se disse was onverbeterlik en professioneel voorberei, selfs met ‘n spesiale glutenvrye ete wat ingesluit was.

Vir navrae rakende Gansbaai Wynproegilde kan Amanda de Vries by 028-388-0708 of 082-577-6920 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by info@franskraalbandb.co.za.

Wyngilde kuier weer

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles