Gras verdor, maar die Woord van GOD bly vir ewig!

Gras verdor, maar die Woord van GOD bly vir ewig!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige Woord van GOD. Die Skrif sê: “Die mens is soos gras, en al sy prag soos 'n veldblom; die gras verdor en die blom val af, maar die Woord van die HERE,  dít bly vir ewig.” En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is.” (1Pet. 1:23-25)

Iewers in jou huis lê ’n Boek, dalk twee of meer, wat jou gaan oorleef. Al word jy ook honderd jaar oud, daardie Boek en Sy waarheid sal nog vir ewig aangaan. Eendag as jy in die hemel is, jy gaan die Boek ook daar raakloop. Die Boek se inhoud en waarhede gaan ook in die hemel die enigste bron van waarheid en inligting wees.

Ja, ek praat van die Bybel.  ’n Boek met 66 kleiner boeke en meer as 1200 bladsye. En weet jy wat – elke woord in die Bybel is deur die Gees van GOD geïnspireer en hou vir ons lewensbelangrike waarhede in. (2 Tim. 3;15,16) Dit is ook die enigste Boek wat in ons tyd die antwoorde kan gee op al die vrae en probleme van die wêreld! Lees jy hierdie Boek nog gereeld? Of lê dit langs jou bed in ’n bedkassie en stof opgaar? Die geluk en vrede waarna jy só verlang, is tussen die voor - en agterblad van hierdie boek verskuil.  Dit kom  nie vanself nie, jy moet bereid wees om dit te lees en daarvolgens te lewe. Almal,  jonk en oud moet dit lees.....

Jongmense – sodat hulle sal weet hoe om voluit te lewe.

Oumense – sodat hulle sal weet hoe om gelukkig te sterwe.

Onkundiges – vir wysheid. Geleerdes – vir nederigheid.

Rykes – vir medelye.  Armes – vir vertroosting. Swakkes – vir krag.

Dromers – vir bekoring.  Hoogmoediges – as  waarskuwing.

Nederiges – vir verheffing.  Bekommerdes – vir vrede.

Moedeloses – vir rus.  Sondaars – vir verlossing.

Twyfelaars – vir versekering.  Alle Christene – vir leiding.

(Faith Baptist Church, Indiana)

Bêre soveel waarhede moontlik van GOD se Woord in jou hart. Iewers langs jou lewenspad gaan jy daarvan kan drink en eet. As die lewenstorms  partykeer erg raak en jy bang is jy gaan verdrink – is die Bybel jou anker om aan vas te klou. Maak seker jy weet hoe hierdie Lewensgordel werk – dit gaan jou lewe red! As jy glo in Jesus Christus, sê die Woord, sal jy vir ewig gered word! (Rom. 10:9,10; Joh. 3:16)

Die Bybel behoort jou brood vir elke dag te wees en nie ’n stukkie koek wat jy net op spesiale geleenthede geniet nie. Lees dit dag en nag, tydig en ontydig. Jy sal verbaas staan hoe jou lewe in ’n blomtuin verander as jy jou gedagtes vol maak met die waarheid van GOD se Woord. Die Bybel is nie ’n koerant wat jy vinnig kan deurblaai en hier en daar lees nie. Dit is eerder ’n goudmyn waarin jy diep en hard moet delf om by die ware goud uit te kom! Waar is jou Bybel?

Gras verdor, maar die Woord van GOD bly vir ewig!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles