Gras verdor, maar die Woord van GOD bly vir ewig!

Gras verdor, maar die Woord van GOD bly vir ewig!

Gansbaai Courant

“Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige Woord van GOD. Die Skrif sê: “Die mens is soos gras, en al sy prag soos 'n veldblom; die gras verdor en die blom val af, maar die Woord van die HERE,  dít bly vir ewig.” En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is.” (1Pet. 1:23-25)

Iewers in jou huis lê ’n Boek, dalk twee of meer, wat jou gaan oorleef. Al word jy ook honderd jaar oud, daardie Boek en Sy waarheid sal nog vir ewig aangaan. Eendag as jy in die hemel is, jy gaan die Boek ook daar raakloop. Die Boek se inhoud en waarhede gaan ook in die hemel die enigste bron van waarheid en inligting wees.

Ja, ek praat van die Bybel.  ’n Boek met 66 kleiner boeke en meer as 1200 bladsye. En weet jy wat – elke woord in die Bybel is deur die Gees van GOD geïnspireer en hou vir ons lewensbelangrike waarhede in. (2 Tim. 3;15,16) Dit is ook die enigste Boek wat in ons tyd die antwoorde kan gee op al die vrae en probleme van die wêreld! Lees jy hierdie Boek nog gereeld? Of lê dit langs jou bed in ’n bedkassie en stof opgaar? Die geluk en vrede waarna jy só verlang, is tussen die voor - en agterblad van hierdie boek verskuil.  Dit kom  nie vanself nie, jy moet bereid wees om dit te lees en daarvolgens te lewe. Almal,  jonk en oud moet dit lees.....

Jongmense – sodat hulle sal weet hoe om voluit te lewe.

Oumense – sodat hulle sal weet hoe om gelukkig te sterwe.

Onkundiges – vir wysheid. Geleerdes – vir nederigheid.

Rykes – vir medelye.  Armes – vir vertroosting. Swakkes – vir krag.

Dromers – vir bekoring.  Hoogmoediges – as  waarskuwing.

Nederiges – vir verheffing.  Bekommerdes – vir vrede.

Moedeloses – vir rus.  Sondaars – vir verlossing.

Twyfelaars – vir versekering.  Alle Christene – vir leiding.

(Faith Baptist Church, Indiana)

Bêre soveel waarhede moontlik van GOD se Woord in jou hart. Iewers langs jou lewenspad gaan jy daarvan kan drink en eet. As die lewenstorms  partykeer erg raak en jy bang is jy gaan verdrink – is die Bybel jou anker om aan vas te klou. Maak seker jy weet hoe hierdie Lewensgordel werk – dit gaan jou lewe red! As jy glo in Jesus Christus, sê die Woord, sal jy vir ewig gered word! (Rom. 10:9,10; Joh. 3:16)

Die Bybel behoort jou brood vir elke dag te wees en nie ’n stukkie koek wat jy net op spesiale geleenthede geniet nie. Lees dit dag en nag, tydig en ontydig. Jy sal verbaas staan hoe jou lewe in ’n blomtuin verander as jy jou gedagtes vol maak met die waarheid van GOD se Woord. Die Bybel is nie ’n koerant wat jy vinnig kan deurblaai en hier en daar lees nie. Dit is eerder ’n goudmyn waarin jy diep en hard moet delf om by die ware goud uit te kom! Waar is jou Bybel?

Gras verdor, maar die Woord van GOD bly vir ewig!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles