Bietoubossers leer oor afval

Bietoubossers leer oor afval

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Een dag per maand behoort aan die gesellige groep dames van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders.

Hulle kom in die Kleinsaaltjie van die NG Kerk bymekaar, maar nie om sommer net te “klets” nie.

Daar is altyd ‘n interessante spreker of ‘n praktiese aanbieding deur ‘n kundige, maar nie sonder verleidelike verversings en lekker saamkuier nie.

Tydens hulle byeenkoms op 12 Julie vanjaar, was die korrekte bedryf van ‘n Munisipale Stortingsterrein aan die beurt, ingesluit ‘n paar nuttige wenke wat tuis toegepas kan word.

Hierdie aanbieding is deur Johan van Taak, Vaste Afvalbestuurder: Overstrand Munisipaliteit, behartig.

Die dames het verneem dat die korrekte bedryf van ‘n stortingsterrein volgens wet moet geskied, asook die koste om elke keer ‘n nuwe sel te bou waarin vullis begrawe word.

Die belangrikheid van herwinning is: Lugspasie word by die stortingsterrein gespaar; werk word geskep; vervoerkoste word bespaar deurdat minder afval na stortingsterreine vervoer word.

Die dames het ook verneem dat daar twee houers by die stortingsterrein is:

Een vir  alle ou rekenaars en elektriese ware en een vir huishoudelike gevaarhoudende stowwe soos gif, batterye en langleef gloeilampe.

Plaaslike besighede is ook in hierdie proses behulpsaam: Gebruikte buisligte en gloeilampe kan by Gansbaai Elektries ingedien word; ou batterye by Studio Jo Signs; medikasie wat verval het by Gansbaai Apteek.

Die dames is ook aangemoedig om omgewingsvriendelike sakke vir inkopies te gebruik om plastiek-besoedeling te beperk, veral met die oog op oseaanbesoedeling.

Daar moet ook twee keer gedink word voordat artikels op die ashoop gegooi word - dit kan dalk deur iemand anders benut word.

Die Bietoubossers het net weer besef dat die koste om afvalbestuur reg te bedryf groot is en dat elke inwoner met die munisipaliteit moet saamwerk om die pragtige natuurskoon te bewaar.

Daarna is die gebruiklike verversings voorgesit en kon gesprekke met Johan aangeknoop word – met dankbaarheid dat dit nie in hierdie omgewing nodig is om oor dienste te toi-toi nie.

As gevolg van die vakansiedae sal daar nie in Augustus ‘n Bietoubosbyeenkoms wees nie, maar eers weer op 13 September.

Elizma de Lange kan by 028-384-1963 vir inligting gekontak word.

Bietoubossers leer oor afval

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles