Fotograwe leer oor die wonder van kleur

Fotograwe leer oor die wonder van kleur

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Fotografieklub se onlangse byeenkoms in Stanford het die klublede sprakeloos gelaat oor die wonder van kleure.

Praktiese opleiding van kleurtegnieke, kuns teenoor fotografie, asook die “Kleurwiel”, is deur Vivienne Mconie van Stanford aangebied.

Die lede het gehoor dat, met drie primêre- en drie sekondêre kleure se vermenging, kan tot soveel as 16,000,000 verskillende kleure teoreties verkry word.

Op die tafels van haar restaurant het spesiale papier met die belangrikste kleure akrielverf op klublede gewag, met kwassies en ander benodigdhede.

Op die skoon vel papier moes ‘n groterige sirkel geteken word, met ‘n driehoek binne. Bo-aan die driehoek is geel, regs is rooi en links is blou, die drie primêre kleure.

Daarna het die res van die kleure, deur middel van vermenging van die kleure, gevolg, totdat die kleurwiel begin vorm aanneem het, met onder andere die sekondêre kleure, groen, oranje en pers: geel en rooi word oranje, rooi en blou word pers en geel en blou word groen.

“Op hierdie wyse gaan die kleurwiel eenvouding aan en aan en aan,” het Vivienne verduidelik. “Kleure en emosie gaan ook hand-aan-hand, soos vir woede, blydskap, hartseer en dies meer.” Sy het ook daarna verwys dat die linkerkant van die kleurwiel uit “warm” kleure (dag) bestaan en aan die regterkant koel kleure (nag). “In die kunswêreld gaan dit oor die perfekte vermenging van verf, maar by fotografie moet op die stemming van die oomblik gefokus word,” het sy ook gesê. Ondanks groot pret onder die lede tydens die aanbied van die kursus, was almal dit eens dat dit ‘n waardevolle geleentheid was waartydens baie geleer is.

Gansbaai Fotografieklub se byeenkomste is vir elke eerste en derde Maandag om 18:30 van elke maand geskeduleer en vind te Groeneweide Kwekery plaas.

Die volgende byeenkoms sal  Maandag, 8 Augustus 2016 plaasvind, met die tema: Bote in die Hawe.

Navrae kan aan Riaan Jacobs by 082-373-8270 (chair person@gbpc.co.za) gerig word, of skakel vir Veronica du Plessis by 084-826-8781 (secretary@gbpc.co.za). Die klub se webtuiste is www.gbpc.co.za.

Fotograwe leer oor die wonder van kleur

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles