Blombos toe...

Blombos toe...

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Hier by ons vang die manne wat ken van, die snoek in diep water en sommer mooi silwervis. Die stokmanne kan ook ‘n paar galjoen op die rooster sit. Bootmanne, staan reg!

Drie hengelmaats en hul vroue het besluit om ‘n paar dae te spandeer by Kleinjongensfontein, wat skouers skuur met Blombos. Die plan was om veral galjoen te gaan vang en sommer net die tydjie te geniet. Hoor hier  --  “daar was nie sprake van “wegbreek” nie, ons bly dan reeds by die see! Laat ek eers dít sê  --  vir enigeen wat nog nie so iets gedoen het nie, of dalk baie lank laas, moet nie twyfel nie, gaan!

Die seehuisie is so paar tree van die water en eerstens is die omgewing bewonder en die lippe afgelek, want in daardie water móét mos galjoen wees. Dit was springgety en die water woes. Ons het nie baie tyd verspeel nie en met vrot, en vars rooiaas en genoeg witmossel  afgesit see toe, plek ingeneem op rotse wat veilig voorgekom het en lyne ingegooi op riwwe wat blykbaar eindeloos see-in gestrek het. Intussen het die vroumense hulle eie agenda gevolg en veral die strand verken en besluit om alles kalm te vat. Ons het maar verder  geloop en bietjie laer af weer probeer. Nie baie sukses behaal nie en so het ons die een gat na die ander beproef. Hierdie wêreld is onbeskryflik mooi en as die vis nie byt nie en jy bewonder die omgewing om jou is daar kans van ‘n bosbok wat jou vierkant in die oë kyk en ‘n rooikat hol ‘n entjie voor jou uit.

Ons het beplan om sommer vroeg die volgende oggend Blombos se kant toe te beweeg en indien jy so paar jaar agter jou het is die kans groot van ‘n seer heup of rug of een of ander skeet en hierdie paadjie (waar daar wel so iets bestaan) is ‘n uitdaging wat jy moet aanvaar. Na vyf kilometer se gly en rondtrap en klim is jou spiere mos “ingestel” en gaan dit selfs goed (onthou net jy moet nog terug, ook!)

Jy sit op ‘n beskutte plekkie en wanneer die water eers begin groei en die vis raak aan die byt is die versoeking groot om nog daar te vertoef, maar die reuse-branders laat jou wyslik besluit om maar aan te stoot. Respek vir die see!

Die aand voor ‘n ordentlike vuur met ‘n biertjie of ‘n lafenis in die hand kom die stories uit wat jou nog ‘n keer laat kyk na hierdie goeie vriende van jou  --  sommige van die “open-baringe” sou jy nooit kon raai nie!!  Die paar dae was iets wat altyd onthou sal word, en vir my uitstaande was die seën wat gevra is voor ons van die huis weg is en ook die dankie-sê daarna, die vriendskappe wat versterk is en die kameraad-skap. Wat my veral beïndruk het was die wil van almal om die huisie vlekkeloos skoon te laat. Vis gevang? O ja, twee galjoene en so paar ander kleiner visse, maar   --   dis mos nie belangrik nie!”

Groete, Seemeeu

Blombos toe...

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles