Drie van Gansbaai Academia se dogters het met groot trots aan die Boland-dogters-rugbyspan teen die Lions, Kings en Grens deelgeneem.
Boland se uitslae was soos volg: 27 Junie: Boland 44 - Lions 0; 29Junie: Boland 17 - Kings Kings 17; 1 Julie: Boland 5 - Grens 12. Die drie dogters, Ruwynda Phillips, Heidre Loff en Aniza Phillips het saam met die res van die Bolandspan (0/16 en o/18) ‘n glansryke Boland-oorhandigingsfunksie op 24 Julie te Wellington bygewoon.
Die volgende oggend het hulle met rugby-oefeninge saam met die o/16 Bolandrugbyspan deelgeneem. Hulle was daardie dag ook bevoorreg om die o/20 Boland Kavaliers teen die Griffons te sien speel.
Dieselfde aand het hulle na Welkom in die Vrystaat vertrek waar hulle Interprovinsiale toernooi sou plaasvind. Al drie spelers was dit eens dat hulle baie van selfvertroue, spanwerk en dissipline geleer het met hul tuiskoms op Vrydag, 1 Julie.
Gansbaai Academia en die dorp is baie trots op hulle.