Die sonkant van boothengel

Die sonkant van boothengel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Van versigtigheid en veiligheid op ‘n boot kan nooit vergeet word nie, maar vandag is dit nie waaroor dit gaan nie. Daar is mos die anderkant van die storie, en daaroor het ek al dikwels geskryf maar dis die sonkant van boothengel en ek wil graag konsentreer op nie net die lekker daarvan nie, maar ook beklemtoon hoe bevoorreg ons is.

Die voorreg om ‘n boot te besit is ook nie so eenvoudig nie. Deesdae is daar groot onkostes aan verbonde en kom jy daar verby moet jy ook die verantwoordelikheid besit om die see aan te durf. Miskien is aan te durf die verkeerde term en moet ons liewer net praat van see toe gaan  --  ek het mos gesê dit gaan oor die lekker vandag! Die ideale dag op see sal wees wanneer die see plat is en jy as ‘t ware kan gaan waarheen jy wil. Ons veronderstel dat jy ook ‘n groepie aan boord het wat die dag saam met jou sal geniet, nie noodwendig ‘n “crew” ingestel op visvang nie, maar vir almal moet die dag op see iets besonders wees.

Nemand is haastig nie en die feit dat jy rustig voortbeweeg gee almal die kans om alles behoorlik te aanskou en waardeer. Dis wanneer jy die kans benut om die wêreld om jou, die kus, die bergreekse en die see self in perspektief te beskou. Met die stilte wat jou omvou kan jy tussen die bamboes vaar en met helderskoon water is die kans ook daar om te sien hoe lyk dit nader aan die bodem. Selfs die vis wat daar rondswem lyk nie haastig nie en swem in groepies rond. Vir die eerste keer kry van die klompie aan boord die voorreg om te sien hoe bamboes onder die oppervlak lyk. Daar is min dinge so genoegsaam as om onbekommerd so naby die kant te vaar.

Soms is jy ook bevoorreg om van die ander seelewe te sien. Dolfyne wat harmonieus deur die water gly, walvisse wat van hulle laat hoor en met ‘n groot geraas hoog bo die water uittroon en dan weer daardie groot liggaam weer die diepte in laat verdwyn.

‘n Verskeidenheid seevoëls is altyd teenwoordig en selfs groot waterskilpaaie (een was so groot soos ‘n kombuistafel!) maak somtyds hulle opwagting. En haaie? Die sien jy ook, redelik gereeld. Hierdie gesig lok natuurlik wye reaksie uit. Daar is geen manier wat jy gevoelloos hieroor kan staan nie  --  jy moet eenvoudig respek betoon en solank jy nie inmeng nie is alles onder beheer en is dit net nog ‘n gesig om te onthou en te waardeer.

Nog nie eens gekom by die hengelgedeelte nie, dan is daar natuurlik iets anders om te bespreek. Vir die ou hengelaars is die opwinding van ‘n vis se vang altyd iets besonders. Stel jou voor die gevoel vir ‘n “nuwe” hengelaar. Dit ontwikkel uiteindelik in iets wat net beskryf kan word deur iemand wat hierdie proses deurgaan. Ek gaan my weerhou daarvan om verder hieroor uit te wei, dis vir ‘n ander dag. Dit bly maar lekker.

Tot volgende keer. Groete, Seemeeu

Die sonkant van boothengel

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

December's SteriThon was a winner!!

December's SteriThon was a winner!!

We are thrilled to announce that the Gansbaai SteriThon event on 11 December in Blompark was a huge success.

Fostering Animals
11 Days to Christmas: Conference Call

11 Days to Christmas: Conference Call

Arrange with the larger family to discuss responsibilities and what will be expected of every person. 

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

Most of our problems stem from reactive behaviour

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

Sit down with your “home” family and discuss what each one of you would like to experience during the holidays.

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

Keeping in accordance with old traditions, the tree was decorated on the 12th day before Christmas and taken down 12 Days after Christmas.

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Our sports coaches assisted with pre-season athletics training at Gansbaai Primary this week.

Grootbos Foundation
See All Articles