Ons groet 'n formidabele leier

Ons groet 'n formidabele leier

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Overstrandse voormalige Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie (du Toit), was op sodanige wyse ‘n bekende persoonlikheid in Gansbaai, asook in Gansbaai Courant, dat daar gereeld met respek na haar as “Gansbaai se burgemeester” verwys is. ‘n Formidabele en waardige dame, altyd vriendelik, belangstellend en betrokke en iemand wat nie gehuiwer het om saam met opgewonde bewonderaars te dans en te sing nie - ‘n ware mens-mens, met ‘n diepe afkeur aan oneerlikheid en onbedagsaamheid.

Haar bekende lewenswaarhede, wat sy nooit geskroom het op openlik van te praat nie, sal altyd onthou word: “Om alles wat jy doen met ‘n passie aan te pak en na die beste van jou vermoë af te handel; Om vir mense om te gee en ‘n verskil in die lewens van minderbevoorregtes te maak; Om alle mense met respek, gelykheid en waardigheid te hanteer.”

Raadsdame Botha-Guthrie, en hierdie waardige benaming kan nie van haar weggeneem word nie, was in Gansbaai by vele der vele aktiwiteite betrokke: Munisipale aangeleenthede tydens openingseremonies van verskeie inisiatiewe en aanlegte in Gansbaai, spesiale prysoorhandigings, Gansbaai Sakekamer, Gansbaai Toerisme, Gansbaai SAPD, voormalige Fees van die Ganse en die onderskeie laerskole en die hoërskool, met veel meer.

Om aan die einde van haar termyn van haar afskeid te moes neem, is vir vele Gansbaaiers, indien nie almal nie, ‘n hartseersaak. Haar vriendelikheid, voorbeeld aan andere en haar mensgedrewe optredes, sal altyd onthou word. Haar eerste vakansie in Hermanus was in 1966 en in 1988 skaf sy haar eerste vakansiehuis in Vermont aan, met permanente vestiging in Junie 1998.

Nicolette, soos sy gereeld op eie aandrang aangespreek is, is op 5 Mei 1948 in Darling, Wes-Kaap gebore en matrikuleer in 1965 aan die Hoër Handelskool, Paarl. Kwalifikasies wat sy tussen 1965 en 1991 verwerf het, asook haar beroepsjare se ervaringe tussen 1966 en 1998 en haar politieke loopbaan tussen 2000 (Raadslid, Overstrand munisipaliteit) en 2016 (Overstrandse Uitvoerende Burgemeester), spreek boekdele. In Desember 2014 ontvang sy die toekenning van Raadsheerskap en in April 2015 die toekenning as “Star Performer of the Year: DA Western Cape Congress 2015”.

Van gemeenskapsbetrokkenheid is daar ook etlike voorbeelde: KANSA (Weskaapse raadslid en Beskermheer vir die Relay for Live), Gesondheid- en Welsyn Skakelingskomitee, Trustee van Sofcva en Fynbospark Aftreedorp, betrokkenheid by Hawston “Kombuisteater” en Hawston Veiligheidshuis om gemeenskappe bymekaar uit te bring, betrokkenheid by Overstrand se ondersoeke na bejaardes in huise en hul nood vir versorging en verskeie sosiale projekte soos beskermheer van die “Love Bags project”, haar passie vir betrokkenheid by vroeë kinderontwikkeling en by Camphill Farm and School - bejaardes sowel as gestremdes.

Naas haar passie vir die politiek, asook haar effektiewe bestuur van Overstrand munisipaliteit, kon sy soms tyd vind vir haar persoonlike belangstellings soos kuns, teater, opera, klassieke musiek, reis, lees, binnenshuisversiering, kook en tuinmaak.

Tydens haar afskeidsfunksie deur Overstrandse munisipaliteit (Gansbaai Courant, Donderdag, 4 Augustus 2016) was haar veelseggende afskeidswoorde: “At the start of my tenure I made a pledge and it is one that I live by. Give everything you do, everything you’ve got, every minute, of every day. To that I can say, ‘Mission accomplished’.”

Ons groet 'n formidabele leier

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

December's SteriThon was a winner!!

December's SteriThon was a winner!!

We are thrilled to announce that the Gansbaai SteriThon event on 11 December in Blompark was a huge success.

Fostering Animals
11 Days to Christmas: Conference Call

11 Days to Christmas: Conference Call

Arrange with the larger family to discuss responsibilities and what will be expected of every person. 

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

Most of our problems stem from reactive behaviour

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

Sit down with your “home” family and discuss what each one of you would like to experience during the holidays.

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

Keeping in accordance with old traditions, the tree was decorated on the 12th day before Christmas and taken down 12 Days after Christmas.

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Our sports coaches assisted with pre-season athletics training at Gansbaai Primary this week.

Grootbos Foundation
See All Articles