Wil jy regtig gelukkig wees?

Wil jy regtig gelukkig wees?

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Lewensgeluk begin by liefde vir die HERE!” (Spr. 1:7 – Die Boodskap) “Dit gaan goed met elkeen wat die HERE dien en sy wil doen. Die vrug van jou arbeid sal jy geniet, gelukkig en voorspoedig sal jy wees.” (Ps. 128;1.2) “Julle weet dit nou; gelukkig is julle as julle dit ook doen.”  (Joh 13:17) 

“Wil jy regtig gelukkig wees?”  Dis ’n baie dom vraag, nê? Natuurlik wil ons almal gelukkig wees. Dis net jammer dat só min van ons dit regkry om regtig gelukkig te wees. Kyk maar rondom jou met hoeveel ongeluk mense op hulle gesigte rondloop. Luister maar as mense sit en gesels – veral volwassenes. Dis ’n gekla en gekreun oor alles wat só duur is om nie te praat van al die korrupsie in ons land nie. Waar is die tyd toe ons tot laataand saam met ons ouers op die gras gesit en gesels en saam met die familie, jonk en oud, derde mannetjie en “Ellie Rose” gespeel het.

Tog wil ek graag vir jou vandag vertel dat die resep vir ware geluk vandag nog net só moontlik is, soos wat dit in die Bybel se tyd was. Spreuke 1:7 stel dit vir my die duidelikste: Lewens-geluk begin by liefde vir die HERE!” (Die Boodskap) Psalm 128 bevestig dit as daar staan: “Dit gaan goed met elkeen wat die HERE dien en sy wil doen. Die vrug van jou arbeid sal jy geniet, gelukkig en voorspoedig sal jy wees.” (Ps. 128:1,2)  Dit lyk vir my dat ware lewensgeluk altyd gekoppel word aan jou verhouding met die HERE! Om die HERE te dien, of om Hom lief te hê, is presies wat Jesus bedoel as Hy sê ons moet nie net na Sy Woorde luister nie, maar dit ook doen. (Joh. 13:17)

Te veel Christene, en ek sluit myself daarby in, sê maklik ons is kinders van GOD want ons glo in Hom, maar ons lewe getuig nie daarvan in ons daaglikse lewe nie. En as ons dade nie by ons woorde pas nie, kan ons ook nie ware lewensgeluk ervaar nie.

Dis maklik om te sê dat jy GOD lief het, maar as jy elke dag by die bejaardes, die armes, die weduwees en verwaarloosde kinders ver-bystap is jou Christenskap baie oppervlakkig – en jou lewensgeluk maar min! Spreuke 11:17 sê inderdaad dat die mens wat vir ander goed is, self daardeur geluk sal ervaar.

Het jy al gesien hoe waar-deer ’n bejaarde persoon dit as jy tyd maak om met hulle te praat?

Doen dit en beleef wat ware geluk is. Speel bietjie buite saam met die kinders en voel hoe die lewensgeluk deur jou are vloei. Bid elke dag vir die onbekende wat jy daardie dag gesien het – en jy sal ’n tinteling van geluk ervaar wat nie met woorde beskryf kan word nie.

Om die HERE te dien is meer as Bybel lees en kerk toe gaan  - dis ’n leefwyse wat jou afbring aarde toe en met nuwe oë na dinge rondom jou laat kyk. Geluk begin waar jy die HERE (ander mense!) dien.

Wil jy regtig gelukkig wees?

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

December's SteriThon was a winner!!

December's SteriThon was a winner!!

We are thrilled to announce that the Gansbaai SteriThon event on 11 December in Blompark was a huge success.

Fostering Animals
11 Days to Christmas: Conference Call

11 Days to Christmas: Conference Call

Arrange with the larger family to discuss responsibilities and what will be expected of every person. 

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

Most of our problems stem from reactive behaviour

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

Sit down with your “home” family and discuss what each one of you would like to experience during the holidays.

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

Keeping in accordance with old traditions, the tree was decorated on the 12th day before Christmas and taken down 12 Days after Christmas.

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Our sports coaches assisted with pre-season athletics training at Gansbaai Primary this week.

Grootbos Foundation
See All Articles