Black Leaves val vas teen Rangers

Black Leaves val vas teen Rangers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Met goeie aanvallende spel en twee vinnige drieë deur Rangers van Bredasdorp, het dit die Gansbaaiers so ‘n bietjie laat vashaak.

Alhoewel Rangers die Black Leaves met 36-28 geklop het, het die Baai weliswaar baie naby aan hul doel gekom.

Vier verdoelde drieë het darem ‘n bonuspunt aan die manne besorg.  ‘n Bietjie swak oordeel hier en daar het ook bygedra dat die Baai nooit op die voorvoet kan kom nie en dit het Rangers behoorlik uitgebuit.  Met Black Leaves se gebiedsvoordeel het Rangers foute afgedwing en die Baai gestraf daarvoor.

Black Leaves se kaptein, William Swart (Gollie) het anders besluit en begin drieë druk (2), Clayton Niemand (1) en Brenton-Lee Dickson (1), maar daar het dit opgehou.

Black Leaves trap ‘n bietjie klei in die skrums, andersins hak die manne die wind uit jou seile uit.

Met Black Leaves se goeie gekombineerde agterlyn kan jy die manne in enige posisie inspan.

Vir Rangers van Bredasdorp was hierdie wen van kardinale belang, want dit het hulle uit die rooi gelig.  Minimum punte uit die orige drie wedstryde behoort die Baai te laat oorleef in die kompetisie, maar daar moet nog steeds hoë intensiteit gehandhaaf word.

Die uwe dink die blare kan  eerskomende Saterdag, 20 Augustus in ‘n tuiswedstryd, suis in Atlantis van Hermanus se ore, want daar is ‘n appeltjie te skil met hulle op die veld.

Gaan kyk gerus na hierdie wedstryd.

Black Leaves se B-span probeer ook weer moedig, maar moes maar weer tevrede wees om met 3-16 te verloor danksy ‘n strafskop deur Steward Jacobs.

Black Leaves se C-span het die dag ook lekker afgeskop en behaal ‘n punt uit die wedstryd met ‘n 7-13 verloor.

David Vaaltyn (1 drie) en Koert – 1 doelskop.  Greg moet net meer vaart en agressie by sy gewig sit dan kan daar meer drieë kom.  Boeta Wessels (Oubol) het met elke bal tot sy beskikking die Rangers vreesloos aangevat en was goed onder die hoë afskopballe.

Kom manne en doen die regte ding Saterdag.

So sê BRA”G”

Black Leaves val vas teen Rangers

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

December's SteriThon was a winner!!

December's SteriThon was a winner!!

We are thrilled to announce that the Gansbaai SteriThon event on 11 December in Blompark was a huge success.

Fostering Animals
11 Days to Christmas: Conference Call

11 Days to Christmas: Conference Call

Arrange with the larger family to discuss responsibilities and what will be expected of every person. 

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

10 Days to Christmas: Learn to Breathe

Most of our problems stem from reactive behaviour

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

13 Days to Christmas: Plan of Action - Speak Up

Sit down with your “home” family and discuss what each one of you would like to experience during the holidays.

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

12 Days to Christmas: Christmas Tree / Decoration

Keeping in accordance with old traditions, the tree was decorated on the 12th day before Christmas and taken down 12 Days after Christmas.

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Youth Athletics Training at Gansbaai Primary

Our sports coaches assisted with pre-season athletics training at Gansbaai Primary this week.

Grootbos Foundation
See All Articles