Gadeslaan

Gadeslaan

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit wemel van inkommers in die Kaap en Gansbaai as sulks, beleef ‘n positiewe insypeling van buite-energie.

Die mense wíl hier bly.  Hulle wíl hier wees. Hulle dink nie daar is ‘n beter plek op aarde nie. Waar wil jy ‘n mooier winter beleef as juis hier in die Overstrand met die kleurryke fynbos, omsoom met ‘n see van water wat al die fasette van menslike buierigheid weerspieël?

By die munisipale kantore kla die ou inwoners oor die verskriklike hoë diensterekenings.

Die man vertel hy het nie eers water gebruik nie. (Ek wonder in my stilligheid oor higiëne). Hy het die afvalwater op sy tuin gebruik. Niks natgelei nie. 

Nog ‘n man stoomroller die arme munisipale amptenaar agter glas.  Weet sy waar kom hierdie water vandaan? Hoekom moet die inwoners betaal as die Staat die dam verniet opgerig het?

Die vroue agter glas doen wat ek my kinders leer doen het: “Smile and wave, smile and wave.”

Sou dit nou die rede wees hoekom my dogter as ‘n kelner in ‘n vliegtuig opgeëindig het, met ‘n rooimondglimlag wat vra: “Chicken or beef?”

Die inkommers maak deure oop. Hulle verkoop koffie. Hulle maak huise skoon Hulle maak pizzas. Hulle skilder en maak en verkoop. Hulle soek blyplek.

Hulle vra genade om tog net in hierdie wêreld aanvaar te word – en hulle word aanvaar!

Hulle leer oor bewaring:  Skilpaaie, walvisse, dolfyne, goudgeel Canola lande, fynbos en proteas. Hulle sien weer orde, vriendelikheid, respek, mense wat hul werk doen.

Hier kom ‘n ding. ‘n Lekker ding!

Stanford, Gansbaai, Danger Point, Romansbaai, Kleinbaai, Franskraal, De Kelders, Stanfords Hill, Baardskeerdersbos, Pearly Beach,  – skud jul vere, pronk gerus – behou jul hoë standaarde, want as jy eenmaal laat gaan, kry jy nie weer daardie leisels vasgevat nie.

Marinda van der Walt

Gadeslaan

Marinda van der Walt, Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles