Onder groot druk van Atlantis van Hermanus, het Black Leaves van Gansbaai wel daarin geslaag om tot aan die einde toe vas te byt met die eindtelling van 13-18 in hul guns.
Na ‘n behoorlike afranseling in ‘n vroeër wedstryd, het die Gansbaaiers die oorwinning as welverdiend aanvaar en basies na ‘n vyfde posisie opgeskuif om hulle byna daarvan te verseker van oorlewing en deelname in die volgende seisoen se kompetisie.
Met al Black Leaves se punte wat in die eerste helfte aangeteken is, danksy een drie deur Fritz Hill en twee strafskoppe en een doelskop deur Brenton Lee Dickson, sal Black Leaves met ‘n veel beter werksetiek en ‘n hoër intensiteit die groot Grabouwers op 27 Augustus moet gaan pak.
Na rustyd het Hermanus groter druk op die Gansbaaiers begin toepas, maar die manne het darem end-uit gehou.
Daar heers ‘n bietjie kommer oor die ongemaklikheid met ‘n stywe bobeen waarmee Brenton Lee (Divvy) die veld verlaat het.
Geen slegte of swak wedstryde deur die B- en C-spanne nie, alhoewel die B-span 0-9 verloor en ongelukkig was in hul afronding om drieë te druk.
Die C-span span die kroon met 19-10 in hul guns.
Drie manjifieke drieë deur Gregory Brett, Eli Hans en Owen Koert elk en doelskoppe deur Koert en David Vaaltyn elk, het aan die C-span glorie besorg.
‘n Laaste liga (wegwedstryd) en een tuis teen Kleinmond vra die hele Baai se ondersteuning – dankie!
So sê Bra”G”