BL verhang die bordjies

BL verhang die bordjies

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Onder groot druk van Atlantis van Hermanus, het Black Leaves van Gansbaai wel daarin geslaag om tot aan die einde toe vas te byt met die eindtelling van 13-18 in hul guns.

Na ‘n behoorlike afranseling in ‘n vroeër wedstryd, het die Gansbaaiers die oorwinning as welverdiend aanvaar en basies na ‘n vyfde posisie opgeskuif om hulle byna daarvan te verseker van oorlewing en deelname in die volgende seisoen se kompetisie.

Met al Black Leaves se punte wat in die eerste helfte aangeteken is, danksy een drie deur Fritz Hill en twee strafskoppe en een doelskop deur Brenton Lee Dickson, sal Black Leaves met ‘n veel beter werksetiek en ‘n hoër intensiteit die groot Grabouwers  op 27 Augustus moet gaan pak. 

Na rustyd het Hermanus groter druk op die Gansbaaiers begin toepas, maar die manne het darem end-uit gehou.

Daar heers ‘n bietjie kommer oor  die ongemaklikheid met ‘n stywe bobeen waarmee Brenton Lee (Divvy) die veld verlaat het. 

Geen slegte of swak wedstryde deur die B- en C-spanne nie, alhoewel die B-span 0-9 verloor en ongelukkig was in hul afronding om drieë te druk.

Die C-span span die kroon met 19-10 in hul guns. 

Drie manjifieke drieë deur Gregory Brett, Eli Hans en Owen Koert elk en doelskoppe deur Koert en David Vaaltyn elk, het aan die C-span glorie besorg.

‘n Laaste liga (wegwedstryd) en een tuis teen Kleinmond vra die hele Baai se ondersteuning – dankie!

So sê Bra”G”

BL verhang die bordjies

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles