Pearly hengelaars heeltemal te slim vir visse

Die visse naby Pearly Beach het behoorlik tweede gekom tydens Pearly Beach Rots- en Strandhengelklub se onlangse hengelkompetisie.

Twintig hengelaars uit vier en sestig deelnemers het veertig visse met ‘n totale massa van 47.85 kilogram ingeweeg.

Baie geluk aan André Roux wat die eerste plek verower het. Deon Strydom was tweede met sy 4.2 kilogram steenbras (swaarste vis), asook die swaarste sak (6.25 kilogram), met Mario van der Westhuizen derde.

Die res van die uitslae is soos volg: Wikkie (4de), Ronnie (5de), Wayne (6de), Johan de Kock (7de), Steven (8ste), Gert (9de) en Riaan Steyn (10de).

Ronnie wen ook die Seniorskompetisie, met Alida Grové wat die Dames Kompetisie wen. Die klub bedank graag vir Colleen vir die akkurate statistieke en inligting.

Alle deelnemers, ondersteuners, klubpersoneel, komitee en Ferdi wat as kaptein ingestaan het, Fanie vir die inweeg, Karen vir die geluktrekkings en administrasie, Isolde vir die vullissaktrekking, asook alle borge.

Die volgende kompetisie is 17 September vanjaar, wanneer Nedbank ‘n uitdaagspan stuur om die Pearly Beachers aan te durf.

André Roux verower die eerste plek.
Die tweede plek het aan Deon Strydom behoort.
Mario van der Westhuizen eindig in die derde plek.
Gansbaai_Courant