‘n Mosselkraker van 15 kilogram is sekerlik ‘n vis om trots op te wees.
Kobus Booysens van Franskraal het hierdie enorme vis Donderdag, 18 Augustus 2016 naby Strandveld Museum in Franskraal van die kant af uitgetrek.
Hy is ‘n bekende visserman in daardie omgewing en staan alombekend as Kobus Prawn omdat hy altyd besig is om steurgarnale as aas te pomp.