Bid vir mekaar!

Bid vir mekaar!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel.” (Mat 5:44,45)

“Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word;   seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word.”  (Luk 6:27,28).

Wanneer ons na die wêreldnuus luister, kom ons elke keer weer onder die indruk hoe gelowiges en veral Christene, vervolg en doodgemaak word ter wille van hulle geloofsoortuigings.

Statistieke wys daarop dat sedert daardie donker Vrydagmôre, wat Jesus as Christus gesterf het, daar tot vandag toe meer as sewentig miljoen Christene gemartel en doodgemaak is omdat hulle Jesus as die HERE en Verlosser bely. Kan jy jou voorstel hoeveel mense dit is? Dit is meer as al die inwoners saam in die huidige Suid-Afrika!

En dan kom Jesus telkens en sê: Bid vir julle vervolgers; Bid vir julle vyande; Seën dié wat julle vervloek en julle haat; Bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word! Hoe is dit moontlik? Hoe kry ’n mens dit reg om vir sulke wrede en goddelose mense te bid?

Dan antwoord Jesus self die vraag: “.....sodat julle kinders kan wees van julle  Vader in die hemel.” (Mat. 5:45) Jesus probeer nie die vyande en vervolgers aanval of verdedig nie, nee, Hy plaas die bal elke keer terug in die Christen se hande en sê: Doen dit net! Moenie probeer verstaan nie of jou optrede regverdig nie, begin net nou, daar waar jy sit en lees, vir die vyande en vervolgers van die Christendom te bid!

Hoe gaan ons die wêreld verander? Ons kan nie. Net GOD kan in mense se harte ’n verandering bring. Dit is die Heilige Gees wat, wanneer ons bid en smeek, ons gebede gebruik om in mense se harte te werk en stadig maar seker, soos die dou op die gras, weer nuwe lewe te skep in verharde harte. As ons net doen wat Jesus vra en bid sal GOD op Sy tyd en volgens Sy wil die verandering bring.

Corrie  ten  Boon (The Hiding Place) het in die Tweede Wêreldoorlog tientalle Jode weggesteek en uit die land gesmokkel. Sy en haar gesin is wreed gemartel deur die Duitse offisiere wat wou weet waar hulle die Jode wegsteek. Van haar familie, soos haar suster is doodgemaak. In die tronk het sy voortgegaan om vir die Gestapo te bid en met hulle te praat oor Jesus. Jare later in 1947 by ’n kerk in München het ’n man na haar toe gestap en sy het besef dit was een van die wagte wat haar wreed gemartel het. Hy het haar gevra om hom te vergewe, aangesien hy toe ook Jesus as Verlosser aangeneem het. Jesus het hom vergewe – maar sou sy? Dit het haar ’n tydjie geneem om haar asem terug te kry en sy het hom in haar arms geneem en gesê: “Ek vergewe jou broer, met my hele hart!”

Bid vir almal wat hulleself as die vyande van Jesus beskou. GOD alleen kan die verandering bring!

Bid vir mekaar!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles