Masakhane vier Kultuurdag

Masakhane vier Kultuurdag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Erfenisdag het Saterdag, 24 September 2016 hoogty by Masakhane Primêre Skool gevier. Die kultuur-feesvieringe is op die laerskool se sportgronde aangebied en dit was ‘n kleurvolle gesig van tradisionele kleredrag en groot opgewondenheid wat besoekers verwelkom het.

“Die hoofdoel van die dag was om die leerders van kultuurdiversiteit te leer, maar veral ook van verdraagsaamheid teenoor ander kultuurgroepe in Suid-Afrika,” het die skoolhoof, mnr. Mdini gesê.

“’n Verdere doel van ons Erfenisdagvieringe was om fondse vir die skool in te samel, aangesien ons ‘n geen-skoolfonds skool is.” 

‘n Vol program, wat van deeglike organisering getuig, is gevolg en mnr. Mdini, het die verrigtinge geopen, waarna verskeie optredes gevolg het: gesprekvoering met die leerders oor kultuurdiversiteit, drama-opvoerings, ‘n ‘gum-boot’-dans, sang deur die onderwyserskoor, die proe van Afrika tradisionele kosse en die bekendstelling van skoolvennote.

Die skool se massakoor het die verrigtinge met die sing van die Nasionale Volkslied afgesluit.

Gansbaai Toerisme is deur die skoolhoof versoek om ‘n verteenwoordiger te stuur. Phumza Khweyiya het in pragtige, kleurvolle tradisionele drag opgedaag en Gansbaai Toerisme se naam hooggehou.   

Masakhane vier Kultuurdag

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles