Klein begin met 16m lange boot

Klein begin met 16m lange boot

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Andries Nowers, eienaar van Ichtus Visserye in Gansbaai hawe, het sonder enige ervaring besluit om sy eie boot te bou. ‘n Vriend het hom aangeraai om klein te begin - “Ek het toe klein begin - met ‘n sestien meter boot!” het Andries gesê. Intussen het Andries vanuit die visbedryf na ‘n bootbouer van faam gevorder.

Andries se bootbouery het in 2000 begin toe hy ‘n Wes-Australiaanse kreefboot wou koop, maar die kostes om die boot in Suid-Afrika te kry was buitengewoon hoog.

Daar en dan het hy besluit om die kostes eerder aan te wend om sy eie gietvorm (“mould”) te bou om sodoende self sy boot te bou.

Sy eerste selfgeboude boot, die “Atlantic Blessing”, het hy in Junie 2006 te water gelaat. Aanvanklik is die boot bedoel om tuna mee te vang, maar is later na ‘n kreefboot verander.

Andries se eerste boot wat hy in geheel gerestoureer en verander het, is ‘n 54 voet tweerompskuit (“catamaran”). Die boot se naam was “White Pointer” en was destyds die grootste boot in Gansbaai.

Gedurende September 2016 het Andries weer ‘n boot gefinaliseer, wat na Gordonsbaai vervoer is.

Die nuwe eienaars beplan om die boot binne die volgende twee maande gereed te kry om as ‘n diamantboot in Port Nolloth aan die Noordwestelike kus van Suid-Afrika te gebruik.

Sy volgende boot, “Gansbaai No. 5”, het hy reeds aan begin werk en wil dit graag in Desember vanjaar te water laat.

“Toffie Couch en sy span van ses verdien amper meer krediet as ekself vir die bou van die bote, asook Reyneke Steyn vir sy sweis- en monteurdraaiwerk,” sê Andries.

“Sonder hulle sou ek nie bereik het wat ek wel bereik het nie.”

Inussen is hierdie bedrywige man, ‘n gebore Gansbaaier en in die visbedryf “van kindsbeen af”, steeds aan die roer van sake by Ichtus Visserye, tesame met die bote wat hy in Gansbaai Industriële gebied bou.

Klein begin met 16m lange boot

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles