In memoriam: Bertus Botha

In memoriam: Bertus Botha

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Albertus Nel Botha, beter bekend as Bertus, is Maandag, 30 Januarie 2017 op die ouderdom van 76 jaar en 9 maande oorlede, sowat 5 maande nadat hy finaal afgetree het.

Ds Dirk van Dyk het Saterdag, 4 Februarie 2017, die roudiens vanuit die NG-gemeente, Gansbaai, waargeneem.

Bertus is op 3 Mei 1940 in Calvinia gebore, waar hy die oudste van 6 kinders was en waar hy ook grootgeword het.

Sowat 18 jaar gelede, op 24 Julie 1999, lui die huweliksklokkies vir hom en Suna – vir elkeen van hulle   ‘n tweede huwelik. Die heuglike seremonie het in Gansbaai plaasgevind.

Bertus spog met 3 dogters en ‘n seun: Mariana Cox met 3 kinders; Alta Kapp met 3 kinders en 4 kleinkinders; Sandra Potgieter met 2 kinders; Arno Botha met 1 kind.

Suna het 1 dogter en 1 seun: Cormaré Bloemerus met 2 kinders; Wessels van Deventer met 2 kinders. Dus was Bertus pa van 6, oupa van 13 en oupagrootjie van 4 - ‘n groot gesin met hegte onderlinge gesinsbande.

Bertus het as ‘n werkholis in die boubedryf bekend gestaan. Sy persoonlike spreekwoord was altyd: “’n Mens het nie geleerdheid nodig om te werk as jy wil werk nie!”

Hy was genoodsaak om reeds as 16-jarige seun met sy beroepslewe te begin en het aanhou werk tot September 2016 - ‘n beroepslewe van 60 jaar.

“En as hy nie so geweldig met sy voet gesukkel het nie, het hy steeds aangehou met werk!” vertel Suna.

Aanvanklik het Bertus vragmotor bestuur en daarna het hy as ‘n opgeleide brandweerman gewerk. Hy begin sy  beroepslewe in die boubedryf by WJM Konstruksie, waar hy gewerk het tot en met sy eerste aftrede by die maatskappy in 1996.

Van aftrede was daar egter nie sprake nie. In 1998, slegs 2 jaar ná sy “aftrede,” begin Bertus sy eie besigheid, Overberg Smallworks, wat hy vir die daaropvolgende 20 jaar vanuit Kleinbaai op sy eie bedryf het.

Sedertdien het hy algemeen as ‘n verantwoordelike en knap bouer in die omgewing bekend gestaan.

“Daar staan bakens van my pa se werk en bouwerk vanaf Kaapstad tot in Kleinbaai!” het sy dogter, Marianna gesê.

Al was hy ‘n bouer, was sy groot liefde houtwerk en wanneer die geleentheid daar was, het hy tyd daaraan spandeer. Hy het onder andere al die kombuiskaste in hulle huis in Kleinbaai self gemaak en geïnstalleer.

Bertus laat sy eggenote, Suna, 6 kinders, 13 kleinkinders en 4 agterkleinkinders na.

In memoriam: Bertus Botha

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Komtessa Boutique Christmas Catalogue

Komtessa Boutique Christmas Catalogue

Looking for the perfect Christmas gift?

Komtessa Boutique
Fynbos Pollinators: Monkey Beetles and Leafcutter Bees

Fynbos Pollinators: Monkey Beetles and Leafcutter Bees

Discover the fascinating world of fynbos pollinators.

Grootbos Foundation
7 Days to Christmas: Start with Love

7 Days to Christmas: Start with Love

Start by being what you want to see in your family.

Help These 5 Beautiful Puppies Find Their Forever Homes!

Help These 5 Beautiful Puppies Find Their Forever Homes!

To help with the adoption of 5 gorgeous puppies, STERITHON teamed up with BARC Animal Welfare.

Fostering Animals
Servicing and Restoring Pumps from Kromco

Servicing and Restoring Pumps from Kromco

Inspecting, Servicing, and Restoring Pumps.  

Wishing You a Sparkling Merry Christmas

Wishing You a Sparkling Merry Christmas

Merry Christmas from Tanzanites and Diamonds of Hermanus.  

See All Articles