Klink vir my na ’n goeie plan!

Klink vir my na ’n goeie plan!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die HERE: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!” (Jer. 29:11) 

Jare terug, net só na my 50ste verjaardag, nadat ek geskei is en my amp as predikant neergelê het,   het ek een oggend in my stiltetyd op die volgende teksvers afgekom in Jeremia 1:4 en 5: “Die woord van die HERE het tot my gekom: Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.” Wat wou die HERE vir my sê? Moes ek weer vir Hom gaan werk al was dit nie in my ou Kerkgenootskap nie? In daardie tyd het ek 7 bevestigings uit die Woord gekry wat alles daarop gedui het dat ek weer vir GOD voltyds moes werk – Ek moet net gehoorsaam wees – Hy is getrou – want het Hy my dan nie al in die moederskoot vir Hom afgesonder nie? (Jer. 1:5)

GOD verseker jou dat wanneer jy jou lewe oorgee aan Hom en Jesus as jou Verlosser aanvaar en dit met jou mond bely en in jou hart glo (Rom. 10:9,10) jy ’n nuwe mens is. “Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.”  2Co 5:17 Dit is waar! GOD kan enige lewe verander in sodoende die toekoms verander. Glo jy nie dat Hy ook vir jou al geken het voordat jy gebore is nie? Net soos wat Hy vir Jeremia en Paulus en baie ander gelowiges planne gehad het nog voordat hulle gebore is, het GOD vir my en jou duidelike planne.

Maar die probleem is dat  daar twee ander stel planne is wat met GOD se plan kompeteer. Daar is jou eie planne en dié van die duiwel. Nie een van hierdie twee planne kan met GOD s’n vergelyk word nie, maar die meeste van ons kies dikwels een van die hierdie twee – of ons eie plan of die duiwel s’n. Luister weer: Ons kies. Dit is nie GOD se wil dat ons teen Sy plan ingaan nie – maar ons het ’n keuse.

Die beste ding wat jy kan doen, is om te reageer op GOD se roeping in jou lewe. Dit is jou roeping om jou lewe oor te gee aan Jesus Christus en deur gehoorsaamheid en vertroue die persoon te word waarvoor GOD jou geroep het. Hierdie roeping is groter as jyself, maar GOD het alreeds jou met Sy krag begenadig om hierdie roeping uit te leef. Jy moet die keuse doen om te lewe volgens Sy plan vir jou.  “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die HERE: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!” (Jer. 29:11)

Klink dit nie vir jou na ’n goeie plan nie? Neem jou Bybel en gaan soek die antwoord biddend!

(O ja. Ek het toe weer begin om vir GOD voltyds te werk. En dit, verseker ek jou, is die beste tyd van my hele lewe!)

Klink vir my na ’n goeie plan!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Komtessa Boutique Christmas Catalogue

Komtessa Boutique Christmas Catalogue

Looking for the perfect Christmas gift?

Komtessa Boutique
Fynbos Pollinators: Monkey Beetles and Leafcutter Bees

Fynbos Pollinators: Monkey Beetles and Leafcutter Bees

Discover the fascinating world of fynbos pollinators.

Grootbos Foundation
7 Days to Christmas: Start with Love

7 Days to Christmas: Start with Love

Start by being what you want to see in your family.

Help These 5 Beautiful Puppies Find Their Forever Homes!

Help These 5 Beautiful Puppies Find Their Forever Homes!

To help with the adoption of 5 gorgeous puppies, STERITHON teamed up with BARC Animal Welfare.

Fostering Animals
Servicing and Restoring Pumps from Kromco

Servicing and Restoring Pumps from Kromco

Inspecting, Servicing, and Restoring Pumps.  

Wishing You a Sparkling Merry Christmas

Wishing You a Sparkling Merry Christmas

Merry Christmas from Tanzanites and Diamonds of Hermanus.  

See All Articles