Joburg Ballet ten bate van SANTA

Joburg Ballet ten bate van SANTA

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die belowende twintigjarige balletdanser, Allice le Roux oor wie die Gansbaai Courant onlangs berig het, tree Mei-maand in Hermanus op as deel van ’n opvoering deur die bekende Joburg Ballet.   Hierdie nuus sorg vir groot opwinding onder balletliefhebbers, veral vir haar grootouers, Hardus en Anita Botha, van Gansbaai.  Hardus is ook ‘n verslaggewer by die Gansbaai Courant.

'n Meestersklas wat die vertonings vooraf gaan, is vir Woensdag, 3 Mei geskeduleer. Donderdag (4 Mei) se kleedrepetisie is deel van 'n uitreikprogram aan minderbevoorregte gemeenskappe in die Overstrand.

Die balletgeselskap tree in die NG Kerk Onrus, op. Die vertonings word ingewei met ‘n Gala-uitvoering op 5 Mei, gevolg deur twee uitvoerings wat Saterdag, 6 Mei sal plaasvind.

Joburg Ballet se optrede in Hermanus is die inisiatief van Pat van Schoor van SANTA in Hermanus.

“Baie moeite is gedoen om hierdie optrede vir ‘n goeie doel te laat realiseer,” het Pat gesê. “Alle winste is ten bate van SANTA Hermanus se pasiënte in die Overstrand wat tuberkulose onder lede het.

Fondse sal aangewend word vir die behandeling daarvan, asook om hierdie uiters aansteeklike siekte te bestry.”

Die uitvoerings sal gewilde ballet-hoogtepunte insluit, soos Die sterwende swaan, La fille mal gardée, La Traviatra en Esmeralda, asook hedendaagse werke deur Suid-Afrikaanse choreograwe.

‘n Verskeidenheid van style tydens die uitvoerings kan dus verwag word.

Joburg Ballet ten bate van SANTA

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles