Gansbaai sê baie welkom aan besoekers

Gansbaai sê baie welkom aan besoekers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Na ‘n lang, besige pad na Gansbaai, is vakansiegangers verlede Donderdag verras met ‘n ‘vriendelike’ padblokkade by die De Kelders ingang. Lede van Gansbaai Toerisme en Gansbaai Polisiëringsforum (GPF), in samewerking met die plaaslike SAPD, het verbaasde motoriste welkom geheet met paaseiers, brosjures met spesiale aanbiedinge in die omgewing, ‘n Gansbaai Courant en veiligheidswenke.

Hierdie padblokkades word jaarliks ‘n dag voor die Paasnaweek en kort voor die Kersvakansie gehou.

Motorbestuurders wat die dorp binnekom, bekyk die padblokkade aanvanklik bekommerd en begin outomaties soek na hulle bestuurderslisensiekaarte, net om vriendelik verwelkom te word in hierdie pragtige deel van ons land.

“Ons het 150 pakkies gehad en alles is uitgedeel, ondanks reënbuie wat kort kort uitgesak het,” vertel Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme.

Franskraal Buurtwag

Franskraal Buurtwag het op dieselfde dag, Donderdag 13 April, in samewerking met Gansbaai SAPD ook ‘n vriendelike padblokkade in Franskraal gehou.

Ander rolspelers was ook betrokke, soos die plaaslike verkeersowerheid, Cape Nature en Seevisserye.

Die doel van hierdie padblokkade was om inwoners en vakansiegangers bewus te maak van veiligheid by vakansiehuise en in die omgewing, misdaad en die belangrike rol wat 'n buurtwag speel.

Ook hier is gedrukte veiligheidswenke aan motorbestuurders uitgedeel en  paaseiers aan die kinders.

Gansbaai sê baie welkom aan besoekers

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles