Wens jy kon dit daardie dag beleef

Wens jy kon dit daardie dag beleef

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Om ‘n sonsondergang in sy volle glorie te aanskou, hoef jy nie verder as ons omgewing te gaan nie. En daarvoor kan meeste van ons op die agterstoep gaan sit en die kombinasie van see, berg, son en wolke sal sorg vir daardie asemrowende gesig.

Wie het egter al ‘n sonsop-koms beskou wat uit dieselfde faktore bestaan? Die eerste oggend vir my sal my altyd bybly.

Dit was baie stil met die see wat seepglad gelê het. Ons was op pad na Holbaai en dit was nog donker. Daar was geen haas nie en ons het skaars beweeg.

Naas Joubert se Dam het daar aan die oostekant ‘n wolk agter die bergrante kop gewys. Die son was net besig om oor die rantjie te loer.

Ons het gestop om ons volle aandag te gee aan wat gelyk het iets besonders gaan wees.

Daar het skielik klein openinge in die wolkfor-masie verskyn en terwyl die helder son sulke lugstrepe deur die wolkopeninge gevorm het, het die vlies-wolkies hoër op pienk vertoon.

Dit was asof die toneel bo in die lug op daardie tydstip sy eie prentjie gevorm het en ons op die donker see gelos het, slegs om te bewonder. Vir ‘n baie klein rukkie het ons in verrukking na die toneel gekyk voordat alles voor ons verander het. Ek gaan nie eers probeer om alles behoorlik te beskryf nie, dit sal net afbreuk doen daaraan. Die dag het skielik deurgebreek en ons het die Vader gedank vir die voorreg wat ons gehad het.

Dit gebeur somtyds dat met dagbreek die son meer soos ‘n maanligstraal op die water wys. As jy op pad is Holbaai toe kan jy maar hierdie ligstraal volg en jy sal daar eindig. Maar jy kan nie haastig raak nie!

Nog iets wat gebeur het is toe ons die aand by Geelbekgat gaan deurbring het.

Daar was baie fosfor in die water en ons het nie baie hoop gehad om sukses met die vis te behaal nie. Ons sou egter heeltemal verkeerd bewys word.

By ‘n gaatjie tussen die bamboes het ons vir die nag anker gegooi. Die “vuur” in die water was so dig dat waar die bamboeskoppe bo die water uitgesteek het, dit soos lewende vuurbolle vertoon het.

Jou lyn en die aas het helder gewys soos dit afsak en ons kon die verskillende geelbekke wat die aas wou optel duidelik waarneem.

 Dit was soos ‘n ontploffing wanneer jy die vis na bo moes trek. Nooit weer het ek dit so intens ervaar nie.

Wens ek kon iemand wat nog nooit voorheen so iets beleef het nie, die kans daartoe bied, maar so iets kan jy nie bestel nie.

Dankie dat ons die kans gegun is.

Baie groete,
Seemeeu  

Wens jy kon dit daardie dag beleef

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles