Spaar jouself onnodige koste

Spaar jouself onnodige koste

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Heeltemal onnodig om enigiemand daaraan te herinner hoe belangrik onderhoud is  --  op enige denkbare terrein, indien jy jouself later heelwat kostes en ekstra werk wil  bespaar. Veral indien ‘n boot aangeskaf word en in goeie toestand is, is die neiging om net die broodnodigste te doen aangesien die onderhoud nogal ‘n aansienlike bedrag kan beteken.

Ek dink dis nodig om op ‘n paar aspekte te wys wat wel die belangrike aandag moet kry, want dit kan baie drama veroorsaak.

‘n  Goeie voorbeeld in hierdie verband is die wiellaers van jou bootsleepwa. Onthou dat die arme ding gereeld met seewater in aanraking kom en anders as ‘n sleepwa op ander terreine is die kanse groot dat roes en seewater baie skade kan veroorsaak. Die groot geheim hier is om toe te sien dat die seël wat gebruik word goed pas en hopelik die seewater vir ‘n redelike tydjie sal uithou. Indien jy een of ander tyd ‘n geraas by een van die wiele gewaar, is dit reeds te laat. Maak liewer kort-kort seker dat die ghries in die wiellaers nog voldoende is.

Dis baie logies dat  jou buiteboordmasjiene gereeld nagesien word en in 'n goeie toestand bly. Indien jyself hierna kan omsien is ‘n groot probleem opgelos.

Dis natuurlik verkieslik dat ‘n betroubare en professionele  persoon hierdie werk doen wat sal verseker dat jy met vertroue kan see toe gaan, maar dis ook baie duur en indien jyself bevoeg is om die werk te doen, kan dit baie goedkoper wees. Nie almal is behoorlik hiertoe in staat nie en dit sal wys wees om een of ander tyd professionele hulp te verkry. Onthou tog om jou ratkaste se olie op ‘n gereelde basis aan te vul.

Die ander goed wat nogal onverwags probleme kan veroorsaak, indien jy nie gereeld daarna oplet nie, is jou GPS en dit kan baie lastig en selfs gevaarlik wees. Indien jou kragdrade nie behoorlik ge-koppel is nie, veroorsaak verwering en nattigheid gou dat dinge nie reg loop nie. Die een manier om darem redelik seker te maak dat daar nog nie ‘n probleem is nie, is om wanneer jy “go to” (na ‘n plek gaan volgens die koördinate) jy wel op die presiese bestemming uitkom. Gereeld! Soos almal seker weet dui jou pyltjie nie dadelik die regte rigting aan nie. Wanneer dit die slag langer neem as gewoonlik, oppas!

Dis maar ‘n paar dinge wat groot probleme kan veroorsaak.

Op ‘n ander tyd sal ek nog hoofbrekens behandel. Onthou  seewater is nie pelle met olie en ghries nie.

Groete,
Seemeeu

Spaar jouself onnodige koste

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles